Materie en Klasifikasie Flashcards
Brosheid
Hard, maar sal moontlik maklik breek.
Smeebaarheid
Vermoe om platgeslaan te word of gedruk word in ’n vorm sonder om te breek of te kraak.
Pletbaarheid
Vermoe om ’n metaal uit te trek in ’n draadvorm
Digtheid
Die massa per eenheidsvolume van’n stof
Homogene Mengsel
’n Mengsel van uniforme samestelling en waarin al die komponente in dieselfde fase is, bv. Oplossing van sout en water
Heterogene Mengsel
’n Mengsel van nie-uniforme samestelling waarvan die komponente maklik geidentifiseer kan word, bv. Sand en water
Element
’n Suiwer stof bestaande uit een tipe atoom
Verbinding
’n Suiwer stof bestaande uit twee of meer verskillende elemente
Metalloides
Beskik oor metaal en nie-metaaleienskappe
Suiwer Stof
’n Stof wat nie geskei kan word in eenvoudiger komponente deur fisiese metodes te gebruik nie
Elektriese Geleiers
’n Materiaal wat die vloei van lading toelaat
Halfgeleier:
’n Stof wat elektrisiteit kan gelei onder sekere toestande, maar nie ander nie, maak dit ’n goeie medium vir die beheer van elektriese lading
Elektriese Isolator
’n Materiaal wat die vloei van lading voorkom
Termiese Geleier
’n Materiaal wat hitte toelaat om maklik deur te beweeg
Termiese Isolator
Laat nie hitte toe om deur te beweeg nie