Fases van materie Flashcards
- Diffusie
Die beweging van atome of molekule vanaf ’n gebied met ’n hoer konsentrasie na ’n gebied met ’n laer konsentrasie
- Brown se Beweging
Die onwillekeurige beweging van mikroskopiese deeltjies wat in ’n vloeistof of gas is, veroorsaak deur botsings tussen hierdie deetjies en die molekule van die vloeistof of gas
- Kookpunt
Die temperatuur van ’n vloeistof waarby die dampdruk van die vloeistof gelyk is aan die eksterne atmosferiese druk
- Smeltpunt
Die temperatuur waarby die vastestof- en vloeistoffases van ’n stof in ewewig is.
- Vriespunt
Die temperatuur waarby ’n vloeistof verander na ’n vastestof deur verwydering van hitte
- Smelting
Die proses waartydens ’n vastestof verander na ’n vloeistof deur die byvoeging van hitte
- Verdamping
Die verandering van ’n vloeistof in’n damp by enige temperatuur onder die kookpunt
- Vriesing (Water)/Stolling
Die proses waartydens ’n vloeistof verander na ’n vastestof deur die verwydering van hitte
- Sublimasie
Die proses waartydens ’n vastestof direk na ’n gas verander, sonder om eers deur die intermediere fase van ’n vloeistof
- Kondensasie
Die proses waarby ’n gas of damp verander na ’n vloeistof, deur afkoeling of deur blootstelling aan verhoogde druk