Chemiese Binding Flashcards
- Chemiese Bindings
n Gesamentlike aantrekking tussen twee atome as gevolg van die gelyktydige aantrekking tussen hulke kerne en die buitenste elektrone (Die energie van die gekombineerde atome is laer as die individuele atome wat lei tot groter stabiliteit.)
- Kovalente Bindings
Die deling van elektrone tussen atome om ’n molekuul te vorm
- Molekule
’n Groep van twee of meer atome wat kovalent gebind is en waat funksioneer as ’n eenheid
- Ioniese Binding
Die oordrag van elektrone om katione te vorm (positiewe ione) en anione (negatiewe ione) wat mekaar aantrek om ’n formule-eenheid te vorm
- Formule-eenheid
Die mees eenvoudige empiriese formule wat die verbinding voorstel
- Ioon
’n Gelaaide deeltjie gemaak van ’n atoom deur die verlies of byvoeging van elektrone
- Anioon (negatiewe ioon)
’n Gelaaide deeltjie gemaak van ’n atoom wat ’n elektron bygekry het
- Katioon (positiewe ioon)
’n Gelaaide deeltjie gemaak van ’n atoom deur die verlies van elektrone
- Struktuur van die natriumchloriedkristal
In die kristal word elke natriumioon omring deur ses chloriedione om ’n kubiese struktuur te vorm. Elke chloriedioon is ook omring deur ses natriumione. (kubies-vlakgesentreerde rangskikking)
- Kristalstruktuur
’n Ordelike drie-dimensionele rangskikking van deeltjies (ione, molekule of atome) in ’n vaste struktuur
- Metaalbindig
Die binding tussen positiewe (metaal)ione (atoomreste) en gedelokaliseerde valens-elektrone in ’n metaal
- Valenselektrone of Buite Elektrone
Die elektrone in die hoogste energievlak van ’n atoom waarin daar elektrone is.