Leereenheid 8 Flashcards

1
Q

Wat is die toelaatbare gronde vir billike ontslag

A

Wangedrag deur werknemer
Ongeskiktheid
Redes wat verband hou met die operasionele vereistes van die werkgewer

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Onderskei tussen die 3 toelaatbare gronde vir billike ontslag

A

Gedrag - verwys na optrede van die werknemer waarvoor hy aanspreeklik gehou word of waarvoor hy geblameer kan word, en wat die werknemer kon vermy
Bekwaamheid - verwys na die werknemer se vermoë om werk na behore te verrig
Operasionele vereistes - verwys na redes gebaseer op ekonomiese, tegnologiese, strukturele of soortgelyke behoeftes van die werkgewer

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Hoekom is onderskei tussen prosedurele onbillikheid en substantiewe onbillikheid belangrik

A

Omdat WAV nie herindiensname toelaat in gevalle waar ontslag nie prosedureel onbillik was nie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wanneer mag daar verdere prosesse volg oor dispute oor onbillike ontslag

A

Wanneer daar eers ‘n interne dissiplinêre proses plaasgevind het

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat is kollektiewe wangedrag

A

Gevalle waar aantal werknemers betrokke is in dieselfde wangedrag
Vereis bewys op oorwig van waarskynlikhede dat elke werknemer inderdaad betrokke was by die wangedrag, voordat dissiplinêre stappe teen enigeen van hulle geneem kan word
Beginsel is dat werknemers nie kollektief aanspreeklik gehou kan word vir wangedrag in omstandighede waar ‘n bepaalde oortreder nie geïdentifiseer kan word nie
Maar, afwesigheid van bewyse van skuld van elke individu beteken nie noodwendig dat die afleiding gemaak kan word dat elkeen van die werknemers betrokke was in massa wangedrag nie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat het die hof bevind van derivative misconduct in Western Platinum Refinery v Hlebela

A

Hof het bevind dat derivate misconduct nie neerkom op ‘n nuwe vorm van wangedrag nie
Die Leeson motors saak het bloot bevestig dat die nie-bekendmaking van kennis verbandhoudend tot wangedrag wel ‘n vorm van wangedrag daar sou stel in die vorm van die verbreking van die plig van goeie trou
In sulke gevalle is die ontslag geregverdig omdat dit afgelei kan word vanaf die primêre wangedrag gepleeg deur onbekende persone

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat is die eienskappe wat derivate misconduct aan moet beskik volgens Western Platinum

A

Die werknemer moet werklike kennis dra van die wangedrag, anders kan nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie
Die nie-bekendmaking moet opsetlik wees
Die erns van die nie-bekendmaking moet proporsioneel wees tot die erns van die primêre wangedrag
Die posisie van die werknemer mag ‘n effek hê op die erns van die nie-bekendmaking
Terwyl daar ‘n algemene verpligting is om wangedrag bekend te maak, sal die erns van die nie-bekendmaking afhang van die vraag of die werknemer spesifiek gevra was of hy daarvan weet
Dit word nie vereis dat die werknemer ‘n gemeenskaplike oogmerk met die primêre oortreder gehad het nie
‘n werknemer kan nie skuldig wees aan derivative misconduct op die basis van die late om stappe te neem om kennis te verky oor die primêre wangedrag nie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat het die hof vir werkgewers aanbeveel om werknemers voor aan te kla op grond van derivate misconduct

A

Wesentlike oortreding van die plig van goeie trou, met besondere verwysing na die kennis wat die werknemer gehad het en die aanvoer van die nie-openbaarmaking daarvan

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat is die ander metodes om werknemers te koppel aan primêre wangedrag

A

Die konsep van common purpose en om die werknemers te koppel aan die primêre wangedrag as medepligtiges

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wanneer is die reêl redelik en geldig

A

Oor die algemeen is ‘n reël geldig as dit binne die kontraktuele bevoegdheid van die werkgewer val en die reël nie die wet verbreek nie of die bepalings van ‘n kollektiewe ooreenkoms
‘n Reël word geag om redelik te wees dit operasioneel geregverdig kan word
Enige reël in die werkplek wat van werknemers verwag om onwettig op te tree - is vanselfsprekend onredelik

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Watter faktore moet in ag geneem word om te bepaal of die reël regverdig is

A

Aard van die werkgewer se besigheid
Omstandighede waarin besigheid opereer
Of die reël vervat is in ‘n kollektiewe ooreenkoms tussen vakbond en werkgewer
Werkgewer se bereidwilligheid om die reël toe te pas
a) as werkgewer die reël nie in die verlede toegepas het nie, mag dit ‘n indikasie wees dat die werkgewer die reël nie as redelik beskou nie
b) as die reël vir lank nie toegepas is nie, kan die werkgewer dit egter weer begin toepas sodra die werknemer kennis kry dat die reël weer toegepas is nie, kan die werkgewer dit egter weer begin toepas sodra die werknemer kennis kry dat die reël weer toegepas gaan word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Hoekom is die aard van die werknemer se werk belangrik

A

Black Allied Workers Union v One Rander Steak House
Hof neem in ag dat effektiewe en vinnige diens essensieel was in ‘n restaurant wat funksioneer op lae pryse en hoë omset
Werknemer se ongehoorsaamheid en stadige en oneffektiewe diens billike rede vir ontslag

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

In watter vorme kan growwe oneerlikheid voorkom

A

Diefstal, bedrog en ander oneerlike gedrag

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Hoe word diefstal as growwe oneerlikheid gehandhaaf

A

Diefstal deur arbiedshowe gesien as een van die mees ernstigste vorme van dissiplinêre oortredings
Normaalweg regverdig dit ontslag vir eerste oortreder - CNA v CCAWUSA
Ongeag die waarde van die waarde van betrokke eiendom - CNA v CCAWUSA; AA Farms t/a Boschendal Restaurant v Komjwajo & Nkomo v Pick n Pay.
Die werknemer se lengte van diens - Hulett Aluminium v Bargaining Council for the Metal Industry
Die afwesigheid van vorige waarskuwings
Dat werknemer die gesteelde eiendom sedertdien teruggegee het
Of die werknemer opgetree het ingevolge ‘n instruksie van ‘n oorgeskikte persoon, selfs al het die werknemer self geen direkte voordeel verkry uit die oorgeskikte persoon se oneerlike gedrag nie - Pionierspark Service Station v Afrikaner

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

In watter gevalle is ontslag bevestig deur die hof

A

Vals klagte ingebring dat mpy motor gekaap is
Vals oortydvergoeding geeis vir werk wat nie gedoen is nie
Nie openbaarmaking aan werkgewer dat bestuurslisensie verkry is deur die aanbied van vals buitelandse bestuurslisensie
Voorgehou dat ‘n geldige bestuurslisensie het, terwyl die persoon inderwaarheid slegs ‘n leerlingbestuurslisensie gehad het
Nie openbaarmaking daarvan dat die werknemer ‘n dissiplinêre verhoor in die gesig gestaar het by sy vorige werkgewer, toe hy aansoek gedoen het om sy bestaande werk nie
Vals eise rondom kwalifikasies, terwyl daar volgehou word met die leuen
Verbreking van werknemer se fidusiêre verpligting teenoor die werkgewer

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat behels lokvalle

A

Lokval is wanneer werkgewers agente gebruik om transaksies te beklink met werknemers wat vermoedelik betrokke is by onwettige/onreëlmatige transaksies
Lokval behels samewerking/meewerking met die werknemer in die uitvoer van die oortreding
Lokvalle is toelaatbaar in die arbeidsomgewing, maar die howe is verigtig daarvoor
Cape Town City Council v SAMWU - werknemers is ontslaan nadat hulle gelok was om elektriese kabels te verkoop aan agent; hof wys daarop dat die idee dat werknemers gekul was om aan die kriminele daad deel te hê onaanvaarbaar is en bevind dat die werkgewer die grense soos gestel in art 252 van die SPW oortree het, omdat die agent aktief die werknemers aangemoedig het om die oortreding te begaan
As geen aktiewe aanmoediging plaasvind en die lokval andersins regverdig uitgevoer is, kan die inligting wat so bekom is, wel teen die werknemer gebruik word
Onus rus op die werkgewer om te bewys dat die lokval billik uitgevoer was

17
Q

Wat behels die afluistering van telefone

A

Afluister van telefone word toegelaat in bepaalde omstandighede
Sugreen v Standard Bank - Die kommissaris bevind dat die wyse waarop die werknemer die kommunikasie instrumente van werkgewer gebruik van legitieme belang vir werkgewer is, veral as dit vir onwettig aktiwiteite gebruik word
Wees versigtig om nie bepalings van die Wet op Regulering van Meeluistering van Kommunikasie en Voorsiening van Kommunikasieverwante inligting te skend nie - wet magtig die onderskepping van kommunikasie uitgevoer in die loop van besigheid, as dit bestem was om die bestaan van feite te bevestig, die sisteem geheel of gedeeltelik gebruik word deur die besigheid, die administrateur van die sisteem vooraf redelike stappe geneem het om die gebruikers daarvan in te lig van die bedoeling om boodskappe te onderskep of te monitor
Werknemers se grondwetlike reg op privaatheid moet ook beskerm word. Die reg mag slegs beperk word deur die werklike operasionele vereistes van die werkgewer
Bamford v Energiser - Arbiter sanksioneer die versameling en berging van e-pos boodskappe van werknemer se persoonlike e-pos op die basis dat die inhoud daarvan nie as privaat gesien kan word nie
Moonsamy v the Mailhouse - Kommissaris trek streep by die voortdurende afluister van die werknemer se besigheidsfoon, bevind dat dit onregverdige inbreuk op werknemer se reg op privaatheid daargestel het
Maar die werknemer se reg op privaatheid geld nie absoluut nie - NUMSA obo Sangweni v Rafee

18
Q

Wat behels poligraaftoetse

A

Howe en arbiters het oor die algemeen die resultate van poligraaftoetsing of as ontoelaatbare getuienis hanteer, of verwerp as bewys van ‘n oorreding, tensy dit ondersteun word deur ander bewyse
Sommige arbiters ag poligraaftoetsing as inherent ontoelaatbaar en onbetroubaar, dus kan geen negatiewe bevinding gemaak word teen werknemers wie weier om sodanige toetse te ondergaan nie
Ander het poligraaf bewyse verwerp indien die persoon wie die toetse afgeneem het, nie ook daaroor getuig het nie
In die meeste gevalle is bevind dat poligraaftoetsing nie alleen aangewend kan word om ‘n persoon se skuld te bewys nie; ondersteunende getuienis word dus ook vereis