Leereenheid 1 tot 3 Flashcards
Hoekom stel onafhanklike kontrakteur nie ‘n dienskontrak nie
Alhoewel onafhanklike kontrakteurs ook dienste/arbeid verskaf aan ander, is die nie ‘n dienskontrak nie omdat hulle nie werknemers van ‘n ander persoon is nie
Wat is die onderskeid tussen ‘n onafhanklike kontrakteur en ‘n werknemer ivm regsgevolge
Slegs werknemers het werknemersvoordele en toegang tot bepaalde statutêre meganismes om arbeidsregte te beskerm
Slegs werkgewers en werknemers is gebonde aan arbeidswetgewing en mag werkgewers middellike aanspreeklikheid opdoen vir die delikte gepleeg deur werknemers
Hoe probeer wetgewer die probleem tussen die onafhanklike kontrakteur en die werknemer aanspreek
Artikel 83 van die wet op Basiese Diensvoorwaardes &
Artikel 200 van die wet op Arbeidsverhoudinge
Wat behels die oorwegende indruk toets
Toets wat deur Arbeids Appèlhof aanvaar is
Hof kyk na die kontrak en die verhouding wat daarop gebaseer is as ‘n geheel ten einde te bepaal of die indruk wat gelaat word lyk na ‘n diensverhouding, ipv iets anders
Wat is die wesentlike faktore wat gebruik kan word in die oorwegende indruk toets
Die werkgewer se reg om te kan besluit wie die werk doen
Die mag om die verhouding te termineer
Die werknemer se verpligting om vir ‘n bepaalde tyd of bepaalde ure te werk
Of vergoeding betaal word vir die tyd gewerk of vir die bereiking van ‘n bepaalde resultaat
Of die werkgewer die werknemer voorsien van gereedskap, toerusting en ‘n kantoor
Of die werkgewer die reg het om die werknemers aan te wend soos hy wil
Wat is die drie vereistes van die oorwegende indruk toets wat daar aan voldoen moet word volgens Ready Mixed Concrete
Werknemer bied aan om in ruil vir vergoeding sy persoonlike diens en vaardighede aan werkgewer beskikbaar te stel
Kom uitdruklik of stilswyend ooreen om onderhewig te wees aan ander persoon se beheer
Ander bepalings van die kontrak is in ooreenstemming met die van ‘n dienskontrak (vorm van die kontrak, metode van betaling, werkgewer se reg om aan te stel of te ontslaan)
Verduidelik Locatio conductio operarum aan die hand van SA Broadcasting Corporation v Mckenzie
Doel is die lewering van persoonlike dienste
Beheer: werknemer lewer diens na gelang van die wense/opdragte van die werkgewer
Werkgewer kan besluit wanneer en of hy wil hê werknemer moet dienste lewer
Werknemer verplig om wettige redelike instruksies uit te voer, asook die wyse waarop dit gedoen moet word
Termineer deur die dood van die werknemer
Termineer by voltooiing van ooreengekome periode
Verduidelik Locatio condictio operis aan die hand van SA Broadcasting Corporation v Mckenzie
Doel is verskaffing van spesifieke diens of resultaat
Beheer: onafhanklike kontrakteur nie verplig om werk persoonlik te lewer, tensy anders ooreengekom
Onafhanklike kontrakteur is gekontrakteer om spesifieke werk of resultaat binne bepaalde periode te lewer
Onafhanklike kontrakteur nie verplig om instruksies uit te voer aangaande die manier waarop die taak uitgevoer moet word nie
Nie termineer deur die dood van die kontrakteur nie
Termineer met die voltooiing van spesifieke werk of die produksie van spesifieke resultaat
Hoekom moet die werknemer die werkgewer se besigheidsbelange bevorder
Die verpligting ontstaan omdat verhouding tussen werknemer en werkgewer fidusiêr van aard is, maw werknemer mag homself nie in posisie plaas waar hul eie belange in botsing is met die van hulle werkgewer nie en mag ook nie deur die uitoefening van hul pligte/take, belange of voordele bekom sonder die kennis van hul werkgewer nie
Verduidelik wat voor-indiensname bekendmaking beteken
Geen plig om misdaadrekord te openbaar tensy versoek
Behalwe waar nie-openbaarmaking persoon sou diskwalifiseer vir pos
Ingevolge wetgewing nie meer mag praktiseer nie
Klante sal afskrik
Aard van vorige veroordeling moet werksverhouding ernstig affekteer
Wat beteken die konsep ontvang werknemer in diens
Moet werknemer se diens aanvaar - anders kontrakbreuk
Beteken nie dat werkgewer vir werknemer werk moet gee om te doen nie
Mag skors hangende ondersoek na ongerymdhede met vergoeding
Waaruit word die terme en voorwaardes ontleen
diensooreenkoms
kollektiewe ooreenkoms
Grondwet
Wat behels die uitvoering van pligte
Die bepaling of werknemer se onregmatige dade ontstaan het in die uitvoering van werknemer se pligte
Wanneer mag ‘n onskuldige party om skade vergoeding eis
Onskuldige party kan skadevergoeding eis ongeag of hy besluit om die kontrak te beëindig of dat hy daarop aandring dat dit voortgesit word