Herabsorpsie in die proksimale kronkelbuis(nierbuisies) Flashcards
Wat is die aanpassings van die proksimale kronkelbuis vir herabsorpsie?
Gekronkel, gee genoeg tyd vir herabsorpsie
Kubusepiteel vergroot die oppervlak vir absorpsie
Digte netwerk peritubulêre kappilêres omring die proksimale kronkel buis
Baie mitochondria wat energie aan die selle verskaf
Watter stof gaan die proksimale kronkelbuis binne vanuit die holte van die Kapsel van Bowman?
Glomerulêre filtraat
Uit wat bestaan die wande van die proksimale kronkelbuis?
Kubusepiteel met villi
Watter bloedvate omring die proksimale kronkelbuis?
Peritubulêre kappilêres
Watter stowwe word uit die glomerulêre filtraat verwyder in die proksimale kronkelbuis?
Water Glukose Vitamiene C Ander vitamiene Soute(na behoefte)
Watter stowwe word heeltemal geabsorbeer in die proksimale kronkelbuis?
Glukose
Aminosure
Wateroplosbare vitamiene
Watter persentasie water word opgeneem in die proksimale kronkelbuis?
65% water
Deur watter proses word glukose, aminosure, vitamien C, ander vitamiene en soute opgeneem uit die proksimale kronkelbuis?
Deur aktiewe herabsorpsie
Wat behels aktiewe herabsorpsie?
Verg energie, wat deur die mitochondria vrygestel word
Kan net plaasvind deur draermolekules
Kan teen ‘n gradiënt plaasvind
Hoe word water vanuit die proksimale kronkelbuis opgeneem?
Passief, deur osmose
Wat bevat die glomerulêre filtraat nadat voedingstowwe in die proksimale kronkelbuis opgeneem is?
Stikstofafval
Waarom bevat die gecilieerde kubusepiteel in die proksimale kronkelbuis baie mitochondria?
Om genoeg energie te verskap sodat aktiewe herabsorpsie kan plaasvind