Buisekskresie/sekresie Flashcards
Wat gebeur tydens tubulêre ekskresie?
Stowwe word deur die kubusepiteel van die distale kronkelbuis uit die bloed in die peritubulêre kappilêres onttrek en tot in die filtraat
Waar vind buisekskresie/sekresie plaas?
Proksimale en distale kronkelbuis
Watter stowwe word aktief tot die filtraat toegevoeg?
Waterstofione Kaliumione Kreatinien Ureum Dwelms Uriensuur Preserveermiddels Kleurmiddels
Waar word die pH van die bloed gereguleer?
In die distale kronkelbuis
Wat gebeur wanneer die pH van die bloed te laag daal?
Sekresie van waterstofione vind vanuit die bloed na die distale kronkelbuis plaas
Watter stof skei die kubusepiteel van die distale kronkelbuis af?
NH3
Wat is die funksie van die NH3 wat die kubusepiteel van die distale kronkelbuis afskei?
Neutraliseer die waterstofione in die filtraat
Waar vind ekskresie hoofsaaklik plaas?
In die proksimale- en distale kronkelbuis
Watter tipe proses is ekskresie vanaf die proksimale- en distale kronkelbuis?
Aktiewe proses
Wat veroorsaak die waterstofione in die filtraat?
Maak die oplossing suur en verlaag die pH
Waarom moet waterstofione uitgeskei word?
Ter wille van homeostase