DNA: Die Kode Van Lewe Flashcards
1
Q
Beskryf translasie?
A
- die mRNA heg aan die ribosoom
- wanneer elke kodon van die mRNA
- by die antikodon op die tRNA pas
- bring die tRNA die vereiste aminosuur na die ribosoom
- wanneer die verskillende aminosure deur peptiedbindings verbind
- om vereiste proteïen te vorm
2
Q
Noem en beskryf ddie proses wat in die selkern plaasvind om mRNA te vorm?
A
- die proses is Transkripsie
- die dubbelstring DNA molekule draai af
- wanneer die waterstofbindings breek
- word die eem string as ń templaat gebruik
- om mRNA te vorm
- vry nukleotiedes in die nukleoplasma word gebruik
- die mRNA is komplementêr aan die DNA
- die proses word beheer deur ensieme
3
Q
Beskryf hoe ń mutasie op DNA die stuktuur van die proteïn wat deur Translasie gevom word sal beïnvloed?
A
- die volgorde van die stkstof basisse op DNA sal verander
- dit sal ń verandering veroorsaak op die mRNA
- die aminosuur wat deur die tRNA gebring word sal verskil
- ń verskillende proteïen sal vorm
4
Q
Beskyf die proses van translasie in proteïensintese?
A
- die anti-kodon op die tRNA pas by die kodon van die mRNA
- tRNA bring die benodige aminosuur
- na die ribosome
- aminosure word saam gebind met peptiedbindings
- om die benodigde proteïen te vorm
5
Q
Verduidelik kortliks die proses van DNA-replisering
A
- DNA-replisering vind plaas
- die dubbelheliks DNA draai af
- die dubbelstring DNA rits oop
- weens die breek van swak waterstofbindings
- om 2 aparte stringe te vorm
- vry DNA- nukleotiede vormteenoor elke string
- in ń komplementêre manier
- bindings vorm tussen die 2 stringe en hulle wen weer op
- twee nuwe molekules DNA word identies aan mekaar gevorm
6
Q
Verduidelik hoe die struktuur van tRNA dit moontlik maak om sy funksie te verrig?
A
- tRNA het een vry basisdrietal wat ń antikodon genoem word
- wat die spesifieke aminosuur bepaal wat dit dra
- hierdie antikodon pas by ń spesifieke kodon op mRNA
- en daarom plaas die tRNA ń aminosuur in ń spesifieke volgorde
- afhangende van die kode van die geen op die DNA
7
Q
Verduidelik waarom die hele DNA molekuul nie benodig word om ń proteïenmolekuul te vorm nie?
A
- ń DNA molekuul dra duisende gene watvir verskillende proteïene kodeer
- Daarom is die DNA veel groter as ń proteïen
- wanneer ń proteïen gesintetiseer word, word slegs een geen op die DNA
- benodig om mRNA te vorm
- vir die benodigde proteïen om gesintetiseer word.