Bl.5 - 11 Flashcards

1
Q

Wanneer het die Oostenrykse troonopvolger saam sy vrou gaan toer?

A

In Junie 1914

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat was die Oostenrykse troonopvolger en sy vrou se naam?

A

Hertog Frantz Ferdinand en Hertogin Sophie van Hohenberg

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Waar het Frantz en sy vrou getoer?

A

Deur Servië

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Deur wie was Frantz en Sophie doodgeskiet?

A

Gavrilo Princip

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Tussen watter 2 lande is oorlog heel eerste verklaar?

A

Oostenryk en Servië

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wie se kant het Duitsland gekies?

A

Oostenryk se kant

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoe het die oorlog in ‘n Wêreldsoorlog ontstaan?

A

Elke land het met sy eie motief en rede kant gekies en deel geraak van die oorlog. Binne ‘n paar maande was byna die hele wêreld betrokke.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Waar of vals:
Mense was die hele oorlog lank opgewonde oor dit

A

Vals. Die jong mans het wel later besef dat oorlog nie ‘n speletjie is nie dat baie mense op vreeslike maniere sou doodgaan.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Waar of vals:
Jong mense was glad nie op goddienstige gebied aangemoedig om in die oorlog te gaan veg nie.

A

Vals. Hul is selfs op godsdienstige gebied aangemoedig om vir hul “God” te gaan veg.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Waar of vals:
Almal het geweet die oorlog gaan lank vat.

A

Vals. Almal het gedink die oorlog gaan baie vinnig verby wees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Hoe het die oorlog afgeskop?

A

Met Duitsland wat België aanval en oorwin

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wie het Duitsland na België aangeval?

A

Frankryk

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Waar of vals:
Wapens en Artillerie was met osse en perde getrek omdat daar nog nie motors was nie.

A

Vals. Wapentuig en artillerie was nogsteeds met perde en osse getrek, al was daar daai tyd al motors.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Waaarmee was wapens vervoer as hul naby spoorlyne was?

A

Met treine

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Watter gebied was “Niemandsland” genoem? En waarom?

A

Die gebied tussen die loopgrawe. Dit beteken dat nie een van die 2 groepe beheer oor die gebied gehad het nie. Dit het aan niemand behoort nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wanneer het mense tydens die oorlog die nut van loopgrawe besef?

A

Nadat Duitsland vir Frankryk aangeval het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Wat was die doel tydens gevegte in loopgrawe?

A

Om soveel so moontlik “Niemandsland” in te neem.

18
Q

Tydens watter slag het die Geallieerdes 500 000 man verloor?

A

Die “Slag van Somme” en ander klein gevegte.

19
Q

Hoeveel km het hulle egter vorentoe [in die Niemandsland) beweeg?

A

Slegs 12 km.

20
Q

Wie was eerste om loopgrawe te gebruik?

A

Duitsers

21
Q

Waar of vals:
Loopgrawe het heeltyd verskuif

A

Waar, soos een vegtende groep “Niemandsland” verower het, het beide partye nuwe loopgrawe gegrawe en oues oorgeneem.

22
Q

Hoeveel % van sterftes tydens die oorlog het in loopgrawe plaasgevind?

A

30%

23
Q

Hoekom was soldate se lewens in gevaar tydens die eerste paar dae wat hulle in die loopgrawe was?

A

Soldate was nog effe te gemaklik en het nie besef dat hulle teenstaanders skerpskutters ontplooi het nie.

24
Q

Wat was die lengtes en breedtes van die loopgrawe?

A

2.5 - 3m

25
Q

Waar en hoekom was sandsakke gepak?

A

Sandsakke is in die loopgrawe gepak, en ook bo-op die rante. Dit was om te verhoed dat koeëls teen rots of ‘n ander harde oppervlak vasskiet en die skarpnel teen soldate reflekteer.

26
Q

Watter ander verdedigingstaktieke was gebruik by die loopgrawe?

A

Bo-op die loopgraf was ‘n lang doringdraad gespan en elke aantal meter was daar ‘n masjiengeweer omring met nog sakke om die soldate wat die geweer beman het te beskerm.

27
Q

Watter siekte het in die loopgrawe ontstaan? Hoekom? En wat was die gevolge daarvan?

A

Loopgraafvoet. Dit het ontstaan omdat soldate permanent met nat kouse en skoene moes staan. As gevolg daarvan het hul voete geswel en gebars en het hulle baie pyn verduur. Dit het daartoe gelei dat hul voete geamputeer moes word.

28
Q

Noem en beskryf die 3 plekke waar jy tydens die oorlog sou wees:

A

■ Frontlinieloopgraaf (Die heel voorste loopgraaf wat naaste aan die vyand is.)
■ Reserweloopgraaf (Agter die Frontlinieloopgraaf het ‘n ekstra loopgraaf gelê vir ingeval die vyand deurbreek)
■ By ‘n dorpie naby die geveg [op bystand] (waar soldate kon rus en van beserings herstel)

29
Q

Wat het soldate gedoen as hul verveeld was in die loopgrawe?

A

Inspeksie gestaan, kaarte gespeel of briewe aan hul geliefdes geskryf.

30
Q

Noem en beskryf 3 nagevolge wat WO1 vir die soldate gehad het:

A

$ Bomskok - as ‘n persoon gereeld aan die harde klanke (soos bomme en geweerskote) blootgestel sou word, word hulle hiper-sensitief vir alle harde klanke. Na die oorlog kan enige harde klank die persoon so affekteer dat hul dink dat hul weer in die oorlog is.

$ Post Traumatiese Stressindroom (PTSD) - omdat die soldate so baie trauma en dood beleef het, het dit ‘n negatiewe sielkundige uitwerking op hulle gehad. Dit het hulle lewens-kwaliteit na die oorlog beïnvloed.

$ Amputasie van ledemate - ‘n Groot hoeveelheid soldate het tydens die oorlog ledemate verloor en dit het ‘n invloed op die samelewing na die oorlog gehad. Baie jong mans se vermoëns was nou beperk a.g.v. amputasies.

31
Q

Noem en beskryf 4 wapens wat tydens die oorlog gebruik is:

A

Swaar gewere
Dit is swaar artillerie. Dit het daarop gefokus om op ‘n gereelde basis die loopgrawe te bombardeer.

Gas
Gas is die eerste keer in 1915 deur die Duitsers gebruik. As jy gas sou inasem is jou longe erg beskadig en soms kon dit nie herstel nie. Dit het ook in baie gevalle tot blindheid gelei. Die gevaarlikste gas was Mostertgas wat velblase veroorsaak het en jou longe stadig (binne 4 weke) vernietig het.
‘n Probleem met die gas was dat die windrigting, net nadat jy dit afgeskiet het kon draai en jou eie soldate se lewens bedreig. Aan die einde van die oorlog was elke 4de skoot wat afgevuur is, gevul met gas. Die soldate get dus elk hul eie gasmasker gehad.

Pantservoertuie
Die pantservoertuie is deur, veral die Geallieerdes, in die oorlog ingebring om die dooiepunt (geen kant wen nie) op te los. Dit is dan ook die eerste keer deur die Geallieerdes tydens die Slag van Canbrai gebruik.
By hierdie veldslag is soveel grondgebied in 12 ure verower soos wat voorheen 3 maande sou neem. Die Duitsers/Sentrale magte het die oorlog verloor omdat hulle nie die waarde van die pantservoertuig besef het nie. Nou kon Geallieerdes ry tot by die vyand se loopgrawe, sonder om soldate te verloor. Aan die einde van die oorlog het die Geallieerdes 7 000 pantservoertuie gehad teenoor Sentrale Magte se skamele 30.
Die woord tenk of tank is ook in die tyd uitgedink. Die Geallieerdes het die pantservoertuig ontwerp en wou dit vir die Sentrale Magte wegsteek. Op daardie stadium het beide kante gebruik gemaak van watertenks wat op wiele, van een front na ‘n ander verskuif is. Die Geallieerdes versprei toe die onwaar storie dat hulle ‘n nuwe “watertenk” gebruik. Die vyand het dus verstaan dat die wapenvoertuig net ‘n onskadelike watertenk was.

Vliegtuie
Vliegtuie se rol was aanvanklik net om te spioeneer. Later, eers aan die einde van die oorlog, is dit gebruik om bomme te gooi en selfs later om gevegte in die lug teen mekaar te hou. Die held van die Duitsers was Manfred van Richthofen. Sy bynaam was die “ Rooi Baron” (hy het in ‘n rooi vliegtuig gevlieg). Hy het op sy eie aan 80 luggevegte deelgeneem en het in die proses 80 vliegtuie afgeskiet.

32
Q

Waar en Wanneer het die Duitsers die Luisitana laat sink?

A

Naby Ierland in 1915

33
Q

Hoeveel mense het tydens die Lusitana se skeepwrak gesterf en hoeveel was Amerikaners?

A

1200 waarvan 100 Amerikaners was.

34
Q

Wat het gebeur nadat Duiters aangehou het om Amerikaanse bote aan te val?

A

Amerika het deel van die oorlog geraak en oorlog teen die Duitsers verklaar.

35
Q

Watter Amerikaanse pres. het oorlog teen Duitsland verklaar en wanneer?

A

President Wilson in 1917

36
Q

Waar of onwaar:
Rusland en Duitsland het met die Russiese revolusie met mekaar vrede gemaak.

A

Waar

37
Q

Hoeveel ekstra soldate het Rusland vir Duitsland ingesluit?

A

400 000 ekstra soldate

38
Q

Wanneer het die Duitsers oorgegee?

A

Om 11 uur die oggend van 11 November 1918.

39
Q

Wat was die vredesooreenkoms van WO1?

A

Die Vrede van Versailles (in Frankryk)

40
Q

Wat het die Duitsers gedoen omdat hul vernederd was oor die besluite van die ooreenkoms?

A

Hul het 20 jaar later weer oorlog teen die wêreld verklaar.

41
Q

Hoe het dit binne-in die loopgrawe gelyk?

A

Op die vloer van die loopgraaf was daar planke gepak sodat die soldate nie in water hoef te loop nie. Binne is trappe ingebou, sodat jy hoër kon staan as jy wou skiet of uitklim.