Bl.13-16 Flashcards
Wat bepaal die reëls vir oorlogvoering?
Die Geneefse Konvensie
Watter 4 reëls van die Geneefse Konvensie was beweer dat dit deur die Boere dit oortree was?
× Skiet op hospitale
× Misbruik van die witvlag
× Gebruik dum-dum koeëls
× Veg met Britse uniforms
Wie het by Roberts oorgeneem as Britse bevelvoerder tydens die 3de fase?
Lord Kitchener
Deur wie se hande was die Britse bevel in Suid-Afrika van die begin tot einde van die oorlog?
@ Buller
@ Roberts
@ Kitchener
Watter 2 aspekte was Lord Kitchener veral bekend?
Konsentrasiekampe
Die verskroeide aarde-beleid
en Konsentrasiekampe
Wat het die verskroeide aardebeleid behels?
Dat enige plaashuis (met die vee, gewasse en selfs troeteldiere) afgebrand sou word as die Boere dit sou waag om enige treinspore te saboteur.
Wat was die prosudeures as een van die Boere se huise afgebrand sou word?
Die vrouens en kinders is net 10 minute gegee om hul huise te ontruim en dan is dit aan die brand gesteek.
Watter effek het die afbranding van huise op die Boere gehad?
Die Boere het ook kosvoorrad verloor en sommige Boere het moedeloos geraak.
Waarheen is die vrouens en kinders gestuur?
Na konsentrasiekampe waar hulle in aanhouding was.
Beskryf die omstandighede in die konsentrasiekampe.
Die omstandighede in die kampe was baie sleg. Dit was vuil, want baie mense het in ‘n klein en beknopte spasie saamgebly. Siektes het uitgebreek en baie vroue, maar veral kinders is dood. Hulle het ook min kos gekry en in tente in die oopveld gebly. Dit was veral ‘n doodsvonnis vir jong kindertjies en oumense.
Watter effek het die vrouens wat weggevoer was op die Boere gehad?
Die feit dat die vroue van plase af weggevoer was het ook die Boere se kosvoorraad beperk. Kommandos kon nie net meer by ‘n opstal stop en by die boervroue vir kos vra nie.
Wat was ‘n verdere plan van Kitchener?
Om Blokhuise op te rig. Daar is ongeveer 8 000 blokhuise regoor SA langs die spoorlyne geplaas. Dit is deur die Britte beman om die spoorlyne op te pas en teen die Boere te beskerm. (Daar is ook 4 000 km doringdraad gespan.) Die doel was om die Boere aan te keer sodat hulle nie net kon beweeg waar hulle wou nie.
Wat is ‘n blokhuis?
‘n Klein fort
Wat het die swartes wat aan beide kante aan die oorlog deelgeneem het gedoen?
-Hulle het hoofsaaklik vee opgepas, hulle het ook soms gehelp met verkenning en spioenasie.
-Daar was selfs gevalle waar hulle gewapen was en aan veldslae deelgeneem het.
-Die Boere het ook Agterryers gehad. Hierdie mans het na die kamp omgesien deur onder anderre te kook en die perde te versorg.
Waarop het die Britte en die Boere ooreengekom?
Dat die oorlog ‘n “whiteman war” sou wees. Dit sou egter nie die geval wees nie, aangesien baie swartes in die oorlog deelgeneem het aan beide kante en baie ook hul lewens in die oorlog verloor het.