Bl.3 & 4 Flashcards
Was daar meer Britte of meer Boere in die oorlog?
‘n Oormag Britte en ‘n klein groepie Boere.
Wanneer het Brittanje gedink sou die oorlog klaar wees?
Kersfees 1899
Wanneer het die oorlog begin?
11 Oktober 1899
Brittanje was die magtigste ____________ en ____________ mag op aarde.
Militêre en ekonomiese
Voltooi:
Die Anglo Boere-oorlog was die _____________ , ______________ en __________ oorlog waaraan Brittanje nog ooit deelgeneem het.
Langste,duurste en bloedigste
Hoe lank het die Anglo boere-oorlog geduur?
2 jaar 8 mnde
Hoeveel mense het in dié oorlog gesterf ?
25 000 boere, 22 000 Britte en 12 000 Swartes sterf.
Hoeveel het die oorlog Brittanje gekos?
200 000 000 pond
Waarvoor het die Boere geveg en waarvoor het die Britse geveg?
Boere: vryheid en families
Britse: goud, diamante en mag
Bespreek die eerste hoofrede vir die uitbreek van die Anglo Boereoorlog.
1.Wraak oor Majuba
(Ten minste 6)
*In 1877 het Brittanje die ZAR en OVS geannekseer. Dit was Brittanje se poging om die twee Boere-Republieke finaal te ontbind en die grondgebied by die Britse kolonies te voeg.
*Hierdie aksie van Brittanje was in teenstelling met die Sandrivier- en Bloemfonteinkonvensies (1852 en 1854) wat aan die ZAR en OVS hul onafhanklikheid van Brittanje gegee het.Die Boere was ongelukkig hieroor.
*In 1880 het die Boere begin begin moeg word vir Brittanje wat hul vryheid wil ontneem en verklaar oorlog teen Brittanje (Eerste Anglo Bore-oorlog of Eerste Vryhiedsoorlog ~ Des 1880 - Maart 1881)
*Op 27 Februarie 1881 vind die slag van Majuba plaas. Majuba is tussen Volksrus en Newcastle in Natal geleë.
*Die Britte was ingegrawe bo-op die heuwel en die Boere aan die voet van die koppie. Militêr gesproke was dit baie beter bo-op die berg. Jy kan verder sien en makliker verdedig.
*Vroeg oggend terwyl die Britte nog slaap bekruip die Boere die koppie. Die Britte se artillerie (gewere en kanonne) was ingestel vir ver skiet, ongeveer 200 m. Toe die Britte weer sien is die Boere te naby vir hulle om hulle wapens effektief te gebruik.
*Die boere was ongelooflike goeie skuts en skiet die Britte se bevelvoerder, Sir George Pomeroy Colley dood, tesame met 287 van die 627 Britse soldate. Slegs 7 Boere sterf in die aanval.
*Die gebeure by die heuwel van Majuba word tot vandag toe gesien as een van Brittanje se grootste militêre venederings. Die Britte voel venederd en wil wraak neem en hul wag byna 20 jaar daarvoor.
*Die Boere se leier by die slag van Majuba was Generaal Piet Joubert.
*Tydens die (Tweede) Anglo Boere-oorlog het Engelse gereeld koppies bestorm en geskree: “Majuba!”
Wat beteken dit om te annekseer?
Dit is wanneer ‘n groter en sterker land, ‘n swakker land se grondgebied oorneem en vir hulself eien.