Bl. 5 - 12 Flashcards

1
Q

Bespreek die tweede hoofrede vir die oorlog.

A

2. Die ontdekking van goud en diamante

*Dis belangrik om te onthou dat die Goud in die ZAR ontdek is en dat die ZAR ‘n onafhanklike Boere-Republiek was. Goud is aangetref oor ‘n afstand van 30 myl (18 km) en teen ‘n diepte van 2 000 voet (600 m).

*Uitlanders stroom na Suid-Afrika.

*Uitlanders het geen stemreg gehad nie, maak nie saak vir hoe lank hulle in die ZAR gebly het nie. President Paul Kruger het dit teengestaan omdat die hoeveelheid Uitlanders meer was as die oorspronklike Boere van die gebied. Die sou ‘n probleem vir die Boere se magsposisie in die gebied wees.

*Rhodes, ‘n Britse mymagnaat en Milner, die Britse goewerneur aan die Kaap wil graag hulle hande op die ZAR se goud lê. Beide Milner en Rhodes wou die rykdom wat in die ZAR gevind was onder Britse beheer hê en daarom wou hulle hê dat Kruger die Uitlanders moes laat stem om sodoende beheer oor die ZAR-regering te kry.

*Rykdom (goud) is mag en hulle wou graag hê dat Brittanje die oorhand aan die Suid-punt van Afrika moes hê.

*Brittanje het baie min of geen edelgesteentes van hul eie, so hulle was afhanklik van hul kolonies in Afrika en op ander kontinente om aan hul sekere produkte en rykdomme te voorsien.

*Voor 1886 was die ZAR die armste land in die wêreld.Na die ontdekking van goud was hulle gesien as “die rykste lappie grond in die wêreld”.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Bespreek die derde rede vir die oorlog.

A

3. Die Jameson-Inval

*Rhodes het daarvan gedroom om ‘n spoorlyn vanaf Kaapstad tot in Kairo (Egipte) te bou. Die ZAR en Paul Kruger en sy regering was egter in sy pad. Dit tesame met die rykdom van die ZAR, was genoeg rede om ‘n aanval op die ZAR te loods.

*Hy stook sy vriend Dr. Starr Jameson op om Johannesburg in die ZAR aan te val om sodoende die Uitlanders teen die Boere te help. 400 lede van die Rhodesiese polisie vergader net buite ZAR se grens, reg om aan te val.

*Hulle sing “God Save The Queen”. Dit is die Engelse volkslied. Geen Uitlander daag egter op nie. ‘n Boodskapper op ‘n fiets het Dr Jameson kom inlig dat geen Uitlander saam met hulle teen die Boere gaan kom veg nie. Jameson verander steeds nie sy planne nie, en val ZAR aan.

*Binne ‘n paar uur is 65 van Jameson se manne dood en baie gewond en hulle moes oorgee. Hulle het egter nie ‘n witvlag gehad nie en hys ‘n wit voorskoot van een van die kokke. Weereens is die Britte verneder en die Boere sien nou dat die Britte ernstig is om die ZAR by hul kolonie te voeg.

*Die Boere besef ook nou dat hulle ‘n probleem het, want van die 20 000 ZAR-burgers het net 9 000 mans gewere en hulle het net genoeg ammunisie vir ‘n oorlog van 14 dae. Die Boere het darem nie weermagklere nodig gehad nie, want hulle het sommer in hulle gewone klere geveg.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Waar was Dr Starr Jameson vandaan?

A

Van Rhodiesië/ nou Zimbabwe - ook ‘n Britse kolonie, Noord van die ZAR

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat het Paul Kruger ( Pres. van die ZAR) gedoen toe die Britse troepe saamtrek op die grense van die ZAR en die OVS om die boere aan te val?

A

Hy het ‘n ultimatum aan die Britte gestuur.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat is ‘n ultimatum?

A

‘n Ultimatum is ‘n finale versoek waarin jy die ander party waarsku dat indien hul nie gehoor aan jou versoek gee nie, jy gaan optree.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Waar het Kruger vir die Britte se antwoord gewag?

A

Op sy stoep in Pretoria.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoe lank het het die Britte gehad om hul troepe vanaf die grense te verwyder volgens Kruger se ultimatum?

A

24 uur.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat sou gebeur as hulle nie daaraan gehoor gee nie?

A

Die Boere sou oorlog verklaar

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat het Kruger nog vermeld?

A

Dat die teenwoordigheid van die Britse op die grense die Boere se onafhanklikheid bedreig.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat beteken onafhanklikheid?

A

Dat jy die reg het om oor jouself te regeer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Hoe het die Britte die Boere gesien?

A

As dom, vuil en onbeskaafd.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Gee 3 karaktereienskappe van Kruger.

A

Hy het ‘n lang baard gedra, pyp gerook en steeds geglo die aarde is plat.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wat het op 11 Oktober 1899 gebeur?

A

Die eerste skote van die oorlog het geknal. (Die oorlog het begin.)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Noem Beskryf die Eerste fase van die oorlog.

A

Die Boere val aan

  • Die Boere het besef dat hul getalle baie minder as die Britte was en dat hulle baie vinnig sal moet optree. Daarom het hulle eerste aangeval. Die Boere se mag was in hul kommandos georganiseer wat ook selfs uit Penkoppe bestaan het.
  • Boere was goeie perderuiters en skuts en het geveg vir hulle vryheid. Hulle was nie, soos die Engelse, opgeleide soldate nie.
  • Boere het met Mausers geveg wat met magasyne gewerk het en wat geen rook gemaak het as dit afgevuur is nie. Dit het die Engelse onkant gevang want hulle gewere, Lee Metfords, het nie so gewerk nie.
  • Die Boere het onmiddelik die groot dorpe: Kimberley, Mafekeng en Ladysmith (waar die Britte saamgedrom het) omsingel en beset. Hierdie dorpe was op die grense van die OVS en ZAR geleë. Die Britte moes nou versterkings (hulp) stuur om die dorpe te kom ontset (verlos)
  • In die poging het daar 3 groot veldslae plaasgevind:
    Magersfontein, Colenso en Stormberg.
    Al 3 hierdie veldslae vind in die eerste week van Desember 1899 plaas. In hierdie veldslae verloor die Britte duisend soldate. Hulle het dekades voor dit laas meer as 100 soldate in ‘n veldslag verloor. Die week staan aan die Britte as “Swart week” bekend.
  • By Magersfontein het die Engelse met hulle formasies, fluitjies en rooi uniforms opgedaag, terwyl die Boere in die loopgrawe aan die voet van die koppies gelê het. Hulle het dus ‘n beter posisie en die verrasings-element.
  • Daarom is daar gesê die Boere se geheime wapen by Magersfontein was die grawe waarmee hulle die loopgrawe gegrawe het. Die loopgraaf was ongeveer 1000 meter lank en is versteek met gras en bosse. Die Engelse het Boere in die koppies verwag en nie in loopgrawe nie. Daarom het die Engelse gesê: “Die Boere was oral, maar nêrens.”
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wat is kommandos?

A

Gewone burgers wat nie professionele soldate was nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat was Penkoppe?

A

Kinders (kommandos) wat so jonk soos 13 jaar oud was.

17
Q

Wat beteken beset?

A

Dat geen persoon, kos of water kon in of uit die dorpe gaan nie.

18
Q

Noem brei uit oor die tweede fase van die oorlog.

A
  • As gevolg van “Swart week”, is Generaal Buller (die eerste bevelvoerder van die Britte in SA) uit sy pos ontslaan en is hy vervang deur Generaal Roberts. Nou begin die gety teen die Boere draai.
  • Roberts bring duisende troepe saam met hom na Suid-Afrika. Die Boere lei dan ook hulle eerste groot nederlaag toe Generaal Cronje met 4 000 man (en vroue) by Paardeberg moet oorgee.
  • Dit was ‘n groot nederlaag vir die Boere. Dit was toevallig ook op 27 Februarie (dieselfde datum as Amajuba - 19 jaar vroeër.) Daar moet in gedagte gehou word dat daar aanvanklik 25 000 Boere in totaal was.
  • Hierdie dien as ‘n keerpunt in die oorlog. Dit beteken dinge begin nou in Britte se guns draai. Dinge gebeur nou so vinnig dat Roberts en sy magte op 24 Mei 1900 Bloemfontein binnestap en Bloemfontein annekseer. Minder as 10 dae later, op 5 Junie 1900 word Pretoria ook geannekseer. Die Boere het feitlik geen weerstand teen die anneksasie gebied nie.
  • Dit het die Britte die idee gegee dat hulle die oorlog gewen het. Die Britte het egter nie besef dat die Boere eintlik baie min waarde aan die dorpe en stede geheg het nie en dat die Boere in die veld vir hulle lê en wag.
19
Q

Noem en bespreek die derde fase van die oorlog.

A

Die guerrilla fase

  • Hierdie was die langste fase van die oorlog en het begin toe die Britte eintlik gedink het dat die oorlog verby was. Die woord “guerrilla” verwys na die Boere se manier van veg.
  • Hulle het nie soos die Britte met dromme in gelid gestap nie, maar het eerder in klein groepies te perd verassingsaanvalle geloods. Hulle was goeie skuts en goeie perderuiters en die twee eienskappe het hulle goed gekombineer. Hulle het dus ingejaag, vinnig geskiet en weggejaag.
  • Die feit dat daar dus altyd perde was wat in ‘n geveg doodgeskiet is, verklaar heel moontlik hoekom meer as die helfte van die vleis wat tydens die oorlog geëet is, perdevleis was.
  • Die guerrilla-vegters (boere) het treinspore gesaboteur (dit beskadig) en telegramdrade geknip. Wanneer die Britte in ‘n veldslag verslaan is, het die Boere hulle wapens geroof en dit verder in die oorlog gebruik.
  • Hulle het die Britte met aanvalle verras. Christiaan de Wet het onder die Britte berug geword, want hulle kon hom nooit vastrek nie. Hy was soos ‘n skim (spook) en dit is die bynaam wat deur die Britte aan hom gegee is.
  • De Wet was militêr gesproke so suksesvol dat hy soms groot gedeeltes van die Britte se wapens moes verbrand omdat sy kommando nie als kon vervoer nie.
  • So moes hy by Sannapos net buite Bloemfontein 500 000 pond se voorraad (van die Britte) verbrand en dit nadat hy alreeds gevat het wat hulle wou hê. Dit als terwyl 30 000 Britte net 10 km van daar ingegrawe was.
20
Q

Wie was die hoofleiers van die Boere tydens die 3de fase?

A

Louis Botha - Natal en Oos-Transvaal
Christiaan De Wet - Oranje Vrystaat
Jannie Smuts - Kaapkolonie
Koos De la Rey - Wes-Transvaal

21
Q

Watter keuse moes elke Boer op die stadium in verband met die oorlog maak?

A

Hulle moes een van die 3 keuses maak:

“Hensopper”- Die Boer gee oor aan die vyand.

“Joiner”- Die Boer loop oor na die Britte en veg aan hulle kant teen die Boere. Baie Boere het hierdie opsie gevolg. Ongeveer een uit elke 5 Boere was ‘n “Joiner”

Bittereinder- Die Boere wat belowe het om te veg tot die laaste koeël en man. Dit was manne soos De Wet.

22
Q

Wanneer en waar is goud ontdek?

A

1886 in Witwatersrand (Johannesburg, binne die ZAR)