Bl.18-23 Onderwerp 4: Ekologie Flashcards
Definieer ekologie
Die studie van verhoudingd en interaksies wat lewende organismes met mekaar het en met die omgewing waarin hulle woon
In watter kategorieë verdeel die wetenskaplikes hierdie ekologiese interaksies?
- Biosfeer
- Ekosisteem
- Gemeenskap.
- Bevolking
- Organismes
Definieer biosfeer
Al die ekosisteme op aarde saam. Dit waar leweop aarde moontlik is.
Definieer ekosisteem
Die gebied wat bestaan uit ‘n ekologiese gemeenskap wat lewende en nie-lewende insluit en wat saamwerk as ‘n stelsel.
Noem en gee voorbeelde van die verskillende soorte ekosisteme
Op land (terrestrieël) soos woud,bosvlakte, grasvkakte,tuin,ens.
In water (akwaties) soos waterpoel,spruit,meer,see, ens.
Definieer gemeenskap
Twee of meer bevolkings in ‘n sekere gebied.
Definieer bevolking
Groep organismes wat almal van dieselfde soortof spesie is, in ‘n bepaalde gebied.
Definieer spesie
‘n Groep organismes van dieselfde genietiese groep.
Definieer organisme
Individuele lewende dinge
Wat val onder die fisiese anorganiese omgewing?
Alle nie-lewende dinge soos grond, water, ens.
Wat val onder die chemiese anorganiese omgewing?
Alle chemiese stowwe en hoe dit met mekaar reageer, bv. Koolstofdioksied
Definieer habitat
Die gebied waar ‘n organisme leef.
Definieer ekologiese nis
Die ekologiese rol wat ‘n organisme in ‘n bepaalde gebied speel, bv.die posisie en status wat enige organisme in sy habitat het.
Definieer biodiversiteit
Die verskeidenheid van lewe wat in een ekosisteem/habitat voorkom.
Gee voorbeelde van biotiese faktore
Mikro-organismes, plante en diere