Bl. 9-13: Kwartaal 4 Deel 2 Flashcards
Hoeveel sterre bevat die Melkweg?
Ongeveer 200 miljard
Voltooi:
Die Melkweg is ______________. Ons lê in een van die ______________.
Spuraalvormig, spiraalarms
Hoe word afstande tussen sterre gemeet?
In ligjare
Wat is ligjare?
1 Ligjaar is die afstand wat lig in een jaar beweeg en is ongeveer 10 biljoen km lank.
Wat is ‘n konstellasie?
‘n Groep sterre wat ‘n “prentjie” vorm.
Wat is een van die bekendste konstellasies in die suidelike halfrond?
Die Suiderkruis
Wat word die twee helder sterre links onder die Suiderkruis genoem?
Alpha Centauri en Beta Centauri
Noem 3 ander konstellasies
Orion, die Noordster en die skerpioen
Wat is astronomie?
‘n Studie van hemelligame en die fisika, chemie en evolusie van sulke liggame
Wat is ‘n teleskoop?
‘n Instrument watgebruik word om die hemelruim te bestudeer.
Hoe werk ‘n optiese teleskoop?
Dit ontvang lig en fokus deur die breking of weerkaatsing van lig.
Waar is die SALT geleë?
In Sutherland
Waarvoor staan SALT?
Suider Afrikaanse Groot Teleskoop
Die Hubble teleskoop is ‘n vb van ____?
‘n Optiese spieël teleskoop wat lig weerkaats
Kyk na skets van ‘n weerkaatsingsteleskoop
Hoe werk ‘n radioteleskoop?
Dit ontvang radiogolwe en fokus die golwe deur weerkaatsing op ‘n metaalskottel.