Werk, Energie en Drywing Flashcards
Energie
Die vermoë om arbeid te verrig
Definieer arbeid
Arbeid gedoen op ‘n voorwerp is die produk van die verplasing en die komponent van die krag parallel aan die verplasing.
Arbeid verrig deur ‘n krag is negatief indien
die krag in die teenoorgestelde rigting as verplasing werk, want dan is die hoek tussen die krag (F) en en die aftand afgelê (x) 180, en cos180=-1
Voorbeelde van kragte wat negatiewe arbeid verrig
- Gravitasieaantrekingskrag wanneer ‘n voorwerp opwaarts beweeg.
- Wrywingskrag
SI eenhede van arbeid (W), krag (F) en verplasing (x)
arbeid (W): Joules (J)
krag (F): Newton (N)
verplasing (x)= meter (m)
Arbeid en energie is voorbeelde van
skalaarhoeveelhede, omdat hulle nie rigting het nie.
Definieer gravitasie potensieële energie
Gravitasie potensiële energie wat ‘n voorwerp besit as gevolg van sy posisie relatief tot ‘n verwysingspunt.
Ep=mgh
Definieer kinetiese energie
Kinetiese energie is die energie wat ‘n voorwerp het as gevolg van die voorwerp se beweging.
Ek=1/2mv^2
Definieer meganiese energie
Meganiese energie is die som van die gravitasie potensiële en kinetiese energie by ‘n punt.
Em= Ep+Ek
Stel die wet van Behoud van Energie
Die totale energie in ‘n sisteem kan nie geskep of vernietig word nie; dit kan slegs oorgedra word van een vorm na ‘n ander.
Die beginsel van die behoud van meganiese energie
In die afwesigheid van lugweerstand of enige eksterne kragte, is die meganiese energie van ‘n voorwerp konstant.
(Ep+Ek)i = (Ep+Ek)f
‘n konstante netto krag sal volgens Newton se Tweede Wet veroorsaak dat
die versnelling van die voowerp ook konstant is.
Stel die werk-energie stelling
Die werk gedoen deur ‘n netto krag op ‘n voorwerp is gelyk aan die verandering in die kinetiese energie van die voorwerp.
Kinetiese energie van ‘n sisteem neem toe wanneer
Fnet in dieselfde rigting as die verplasing is.
Kinetiese energie van ‘n sisteem neem af wanneer
Fnet in die teenoorgestelde rigting van die verplasing is.
Definieer Konserwatiewe krag
‘n Konserwatiewe krag is een waarvoor arbeid verrig deur of aan dit slegs afhang van die begin en eindpunt van ‘n beweging en nie die roete wat dit neem nie. (Ep)
Definieer ‘n nie-konserwatiewe krag.
‘n Nie-Konserwatiewe krag is een waarvoor die arbeid verrig op die voorwerp afhang van die roete wat die voorwerp neem.
Nie-konserwatiewe kragte en arbeid-energie-stelling
Fnet = Fkonserwatief + Fnie konserwatief
(die werk deur al die grootte kragte)
Wnet = Wkonserwatief + Wnie konserwatief (gebruik die arbeid-energie-stelling)
Ek = Wkonserwatief + Wnie konserwatief (gebruik Wkonserwatief = PE)
Ek = Ep + Wnie konserwatief Wnie konserwatief = Ek + Ep
Definieer drywing
Drywing is die tempo warteen werk gedoen word of die tempo waarteen energie oorgedra word.
Eenheid van drywing
watt (W)
Definisie van een watt
die drywing wanneer een joule werk gedoen word in ‘n sekonde.
1 W= 1J.s^-1
Definieer effektiwiteit
effektiwiteit is die verhouding van uitsetdrywing tot insetdrywing.
Definieer momentum
Momentum is die produk van die massa en snelheid van die voorwerp.
Stel Newton se Tweede Wet in terme van momentum.
Die netto krag wat op ‘n voorwerp inwerk is gelyk aan die tempo van verandering van momentum.
Veruidelik ‘n geïsoleerde sisteem
‘n geïsoleerde sisteem is een wat geen netto eksterne krg het wat daarop inwerk nie.
Gee die wet van behoud van linieêre momentum:
Die totale liniëre momentum van ‘n geïsoleerde sisteem bly konstant.
Definieer ‘n elastiese botsing
‘n Elastiese botsing is ‘n botsing waarin beide momentum en kinetiese energie behoue bly.
Definieer ‘n onelastiese binding
‘n Onelastiese binding is ‘n botsing waarin slegs momentum behoue bly.
Definieer impuls
Impuls is die produk van die netto krag en die kontaktyd van die krag.
Impuls=(Fnet)(tyd)
Impuls is =
verandering in momentum
Fnet(tyd)=verandering in p
Definieer netto krag in terme van momentum.
Die netto krag op ‘n voorwerp is gelyk aan die tempo waarteen die
momentum van die liggaam verander
Definieer relatiewe snelheid.
Die relatiewe snelheid van ‘n voorwerp is die vektorverskil (of som) van die snelhede van die twee voorwerpe.