Elektrodinamika Flashcards
Waar bestaan ‘n magnetiese veld?
‘n Magnetiese verld bestaan om ‘n permanente magneet of ‘n stroomdraende geleier.
Hoe teken mens magnetiese veldlyne?
- Noord na Suid binne die magneet
- Suid na Noord buite die magneet
- kruis beteken die magneetveldlyn beweeg in die bladsye in
- kol beteken die magneetveld beweeg uit die bladsy uit
Hoe bepaal mens die rigting van ‘n magneetveld?
Reguit stroomdraende geleier: Regterhandreël
-duim wys rigting van stroom
-gebuigte vingers wys rigting van magneetveld
‘n Stroomdraende winding:
Regterhandreël
-gekromde vingers wys in die rigting van die stroom
-duim wys die rigting van die magneetveld se Noordpool
‘n Solenoïde:
Regterhandreël
-Gekromde vingers wys die rigting van die stroomvloei in die solenoïd
-Duim wys rigting van magneetveld (N)
Wat werk ‘n in krag op ‘n stroomdraende geleier?
‘n Magneetveld oefen ‘n krag op ‘n stroomdraende geleier uit.
Energie omskakeling by motors
Elektriese motors skakel elektriese energie na meganiese energie.
(Solank die motor aan ‘n kragbron gekoppel is wat potensiaalverskil verskaf, sal die geleier aanhou draai.)
Verduidelik die basiese werking van ‘n GS-motor.
- ‘n Konvensieële stroom (+ na -) vloei vanaf die kragbron na ‘n koolstofborsel
- die stroom vloei van die koolstofborsel deur die splitring en dan deur die geleier.
- die stroom wat deur die geleier beweeg, induseer ‘n magneetveld
- die magneetveld wat geinduseer word, veroorsaak dat die geleier ‘n krag ervaar veroorsaak deur die bestaande magneetveld (B).
- die geleier ondervind dus aan een kant ‘n opwaartse krag en aan die ander kant ‘n afwaartse krag, en begin draai.
- wanneer die oppervlak van die geleier parallel is aan die magneetveld, neem die krag af na nul.
- die geleier beweeg egter verby hierdie vertikale punt agv draaimomentum.
- die splitringkommutator keer nou die rigting van die stroom in die geleier om
- die geleier ondervind weer ‘n krag opwaarts aan een kant en ‘n krag afwaarts aan die ander kant.
Waarom het ‘n GS-motor ‘n splitring-kommutator?
Die splitring kommutator veroorsaak dat die stroom in die geleier na elke halfwenteling omkeer, om sodoende dieselfde draairigting te bewerkstellig van die geleier.
Magnetiese vloeddigtheid (B)
‘n Voorstelling van die grootte en rigting van die magneetveld.
B gemeet in tesla (T)
Van wat is magnetiese vloeddigtheid (B) ‘n voorstelling?
‘n Voorstelling van die grootte en rigting van die magneetveld.
B gemeet in tesla (T)
(Tesla=1Wb/m^2)
Magnetiese vloeddigtheid
Magnetiese vloeddigtheid is die produk van die aantal windings in die spoel en die vloed deur die spoel.
Magnetiese vloed
- Magnetiese vloed gemeet in Weber (Wb)
- ΦB =BAcosθ
- lus met oppervlakte, A (m^2)
- uniforme magnetiese vloeddigtheid, B (tesla)
- die hoek tussen die magnetiese vloeddigtheid en DIE NORMAAL van die lus met oppervlak A, θ.
Faktore wat die hoeveelheid geinduseerde stroom beinvloed:
- die spoed waarteen die geleier ‘n veranderende magneetveld ondervind
- die aantal windings waaruit die geleier bestaan
- die posisie van die vlak van die geleier met betrekking tot die rigting van die magnetiese veld.
Faraday se Wet van elektromagnetiese induksie
die emk, E, wat geiïnduseer word om een lus van die geleier, is direk eweredig aan die tempo van verandering van die magnetiese vloed, Φ, deur die oppervlakte, A, van die lus.
Lenz se Wet
Die geïnduseerde stroom in ‘n geleier vloei in so ‘n rigting dat dit ‘n magnetiese veld opstel wat die verandering in magnetiese vloed, Φ, teenwerk.
Energie-omskakeling by generators
Generators skakel meganiese energie na elektriese energie