Newton se wette en toepassings van Newton se wette Flashcards

1
Q

Definieer gewig (Fg)

A

Gewig, Fg, is die gravitasiekrag wat die aarde uitoefen op enige voorwerp op of naby die aarde se oppervlak

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Definieer normaalkrag (FN)

A

Normaalkrag, FN, is die loodregte krag uitgeoefen deur ‘n oppervlak op ‘n voorwerp wat daarmee in kontak is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Definieer wrywingskrag as gevolg van ‘n oppervlak (Ff)

A

Wrywingskrag as gevolg van ‘n oppervlak, Ff, is die krag wat die beweging van ‘n voorwerp teenstaan en parallel aan die oppervlak inwerk waarmee die voorwerp in kontak is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Verduidelik wat bedoel word met maksimum statiese wrywing

A

Die krag van statiese wrywing kan varieer tot ’n maksimum waaarde waarna wrywing
oorkom is en die voorwerp begin beweeg. Ons definieer dus die maksimum waarde
vir statiese wrywing as: fmaks = μsFn
Wanneer die toegepaste krag groter as die maksimum statiese wrywingskrag is, sal die voorwerp beweeg, maar steeds wrywing ervaar.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

kragtediagram

A
  • voorwerp (blokkie)
  • slegs die kragte wat op die voorwerp inwerk, getrek as pyle wat die rigting van die kragte aantoon.
  • die kragte moet benoem word
  • stoot kragte wys na die voorwerp, trek kragte wys vanaf die voorwerp
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Vryeliggaamdiagram

A
  • voorwerp van belang as ‘n kol
  • al die kragte wat op die kol inwerk met pyle wat weg wys van die kol af.
  • die kragte moet benoem word
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Stel Newton se eerste wet:

A

‘n Voorwerp sal aanhou in sy toestand van rus of uniforme (beweging met konstante) snelheid tensy ‘n netto of resultante krag daarop inwerk.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Definieer traagheid

A

Traagheid is die eienskap van ‘n voorwerp wat veroorsaak dat dit ‘n verandering in sy toestand van rus of uniforme beweging teenstaan.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Stel Newton se tweede wet:

A

Wanneer ‘n netto krag, Fnet, toegepas word op ‘n voorwerp met massa, m, versnel die voorwerp in die rigting van die netto krag. Die versnelling, a, is direk eweredig aan die netto krag, en omgekeerd eweredig aan die massa.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Stel Newton se derde wet:

A

Wanneer ‘n voorwerp A ‘n krag uitoefen op voorwerp B, sal voorwerp B terselfdetyd ‘n teenoorgestelde gerigte krag uitoefen van dieselfde grootte op voorwerp A.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Ewewig

A

‘n Voorwerp in ewewig ervaar ‘n netto krag van 0N wat op hom inwerk.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly