Gravitasie en Elektriese Velde Flashcards
Stel Newton se Wet van Universele Gravitasie:
Elke deeltie in die heelal trek elke ander deeltjie aan met ‘n krag wat direk eweredig is aan die produk van hulle massas en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen hulle middelpunte.
Definieer gewig
Gewig (Fg) is die gravitasiekrag wat die aarde uitoefen op enige voorwerp op of naby sy oppervlak.
Die verskil tussen massa en gewig
Massa (m): -'n maatstaf van die hoeveelheid stof waaruit die voorwerp bestaan -gemeet in kilogram (kg) -skalaarhoeveelheid -bly orals in die heelal dieselfde Gewig: -die krag waarmee die aarde 'n voorwerp aantrek -gemeet in Newton (N) -vektorhoeveelheid -verander van plek tot plek.
Stel Coulomb se wet
Die krag tussen twee ladings is omgekeerd eweredig aan die afstand tussen die twee ladings in die krwadraat.
Beskryf ‘n elektriese veld
‘n Elektriese veld is ‘n gebied in die ruimte waar ‘n elektriese lading ‘n krag ervaar. Die rigting van die elektriese veld is die rigting wat ‘n positiewe toetslading sal beweeg as dit by daardie punt geplaas word.
Definieer die elektriese veld by ‘n punt
Die elektriese veld by ‘n punt is die krag per eenheid positiewe lading
E=F/q
Wet van behoud van lading
Lading kan nie geskep of vernietig word nie - dit kan slegs van een liggaam na ‘n ander oorgedra word.
formule om aantal elektrone te bepaal
aantal elektrone, n, in ‘n bepaalde lading, q, kan gevind word deur n=q/e-