Kinematika Flashcards
Definieer ‘n vektor
‘n Vektor is ‘n fisiese hoeveelheid wat beide grootte en rigting het, bv. verplasing of versnelling
Definieer skalaarhoeveelheid
‘n Skalaarhoeveelheid is ‘n fisiese hoeveelheid wat slegs groote het, bv. afstand of spoed
Definieer resulterende vektor
‘n Resulterende vektor is die enkele vektor wat dieselfde effek het as die oorspronklike vektore wat saam inwerk.
Definieer afstand
Afstand is die lengte van die pad afgelê (skalaarhoeveelheid).
Definieer verplasing
Verplasing is die verandering in posisie (vektorhoeveelheid)
Definieer spoed
Spoed is die tempo waarteen afstand verander (skalaarhoeveelheid)
Definieer snelheid
Snelheid is die tempo waarteen verplasing verander (vektorhoeveelheid)
Onderskei tussen gemiddelde snelheid en oombliklike snelheid
Gemiddelde snelheid word bereken deur om die totale afstand afgelê te deel met die totale tyd van daardie beweging (gradieënt van ‘n afstand-tyd lyngrafiek)
Oombliklike Snelheid word bereken deur om die snelheid by ‘n spesefieke punt te bereken. (Gradieënt van die raaklyn)
Definieer versnelling
Versnelling is die tempo waarteen snelheid verander
Watter versnelling ondervind ‘n voorwerp in die lug?
Gravitasieversnelling (g). ‘n Voorwerp sal afwaarts versnel met ‘n versnelling van 9,8m/s^2
Onthou van projektiele
Projektiele neem dieselfde hoeveelheid tyd om hulle hoogste punt te bereik vanaf die beginpunt, as wat dit hulle neem om terug te beweeg na dieselfde beginpunt.
Verplasing van ‘n voorwerp op ‘n grafiek
Die oppervlak onder 'n snelheid-tyd grafiek toon die verplasing van 'n voorwerp. Opp=lengte.breedte Opp=snelheid.tyd Opp=m/s.s Opp=meter
Gravitasieversnelling
Naby die aarde se oppervlak is die gravitasieversnelling g=9.8m.s^-2 afwaarts, vir ALLE LIGGAME in die afwesigheid van lugweerstand. g is NIE AFHANKLIK van die MASSA van die voorwerp nie.
Kragte tydens projektielbeweging
Nadat die voorwerp geprojekteer is in enige rigting,
(hand, motor, kanon) is die ENIGSTE krag wat die voorwerp ervaar gravitasieaantrekkingskrag afwaarts na die aarde.
Projektielbeweging: ‘n voorwerp word opwaarts geprojekteer
As die voorwerp onder die invloed van sy gewig alleen is, ervaar dit ‘n konstante versnelling van g=9.8m.s^-2 afwaarts terwyl dit besig is om op te beweeg, by die hoogste punt en terwyl dit besig is om afwaarts te beweeg.
Dus by hoogste punt is die snelheid=0 maar die versnelling is steeds 9.8m.s^-2 afwaarts
Die teken (+ of -) van verplasing
Die teken van die verplasing sê vir ons waar die voorwerp is t.o.v. sy verwysingspunt.
Die teken (+ of -) van snelheid
Die teken van snelheid seê vir ons in watter rigting die voorwerp besig is om te beweeg.
Die teken (+ of -) van versnelling
Die teken van die versnelling (met inagneming van die teken van snelheid) seê vir ons of die liggaam besig is om vinniger of stadiger te beweeg.
- As die versnelling dieselfde teken as die snelheid het, beweeg die voorwerp vinniger.
- As die versnelling die teenoorgestelde teken as die snelheid het, beweeg die voorwerp stadiger.
Wanneer ‘n voorwerp laat val word uit ‘n bewegende voertuig…
is die beginsnelheid van die voorwerp dieselfde as die snelheid wat dit binne in die bewegende voertuig gehad het.
Skalaargroothede soos afstand en spoed op ‘n grafiek
Skalaarhoeveelhede kan slegs positief wees, omdat hulle nie rigting het nie.
Gradiënt van verplasing-tyd grafiek
- Tydens ‘n interval van konstante snelheid is die posisie-tyd grafiek ‘n reguit lyn (dieselfde gradiënt)
- Tydens ‘n interval van veranderende snelheid, sal die posisie-tyd grafiek ‘n kurwe wees. As die snelheid toeneem, sal die gradiënt van die verplasing-tyd gafiek ook toeneem en as die snelheid afneem, neem die gradiënt ook af.