Elektriese Stroombane Flashcards
Definieer potensiaalverskil
Potensiaalverskil, V, is die werk gedoen per eenheid positiewe lading.
V=W/q
Volts
Definieer stroom
Stroom, I, is die tempo van die vloei van lading
I=q/t
Ampere
Definieer Weerstand
Weerstand, R, is ‘n materiaal se weerstand teen die vloei van elektriese stroom.
Ohm
Stel Ohm se Wet
Stroom deur ‘n geleier is direk eweredig aan die potensiaalverskil oor die geleier by ‘n konstante temperatuur.
R=V/I
Ammeter
- meet stroomsterkte in ampere
- lae weerstand en word in serie geskakel
- as in parallel geskakel word sal die grootste deel van die stroom deur die ammeter vloei agv sy lae weerstand
Helderheid van gloeilampe
Aanduiding van hulle potensiaalverskil
Stroom gelewer deur ‘n battery kan vergroot word
deur meer selle in serie te skakel
Voltmeter
- meet die potensiaalverskil in volt oor ‘n komponent
- hoë weerstand word in parallel geskakel
- indien in serie geskakel word sal baie min stroom deur daardie tak vloei
Resistors in parallel geskakel
- potensiaalverskil oor beide is dieselfde, al verskil hulle weerstand
- stroomverdelers
Wisselstroom
‘n stroom wat periodiek van rigting en grootte verander
Faktore wat die weerstand van ‘n resistor bepaal
- die aard van die materiaal wat gebruik word
- die lengte van die geleier
- die deursnee van die geleier
- die temperatuur van die geleier (hoe hoër die temp, hoe hoër die weerstand)
elektriese energie word gemeet in
joules (J)
kilowattuur (kWh)
- eenheid van energie
- 1kWh= 1 kilowatt elektrisitei wat gebruik word vir een uur
Drwinge (P)
die tempo van energieoordrag/arbeid verrig deur ‘n resistor
P=W/t
Definieer emk
emk is die totale energie verskaf per coulomb lading deur die sel