Voortplanting van Plasmodium Vivax Flashcards
Watter organisme infiltreer die plasmodium vivax?
Die wyfie anopheles muskiet
Waar infiltreer die plasmodium vivax die wyfie anopheles muskiet?
Die speekselkleire van die wyfie anopheles muskiet
Wat is die wyfie anopheles muskiet vir die plasmodium vivax?
‘n Vektor
Waar vind die eerste vermeedering van plasmodium vivax plaas?
In die speekselkliere van die wyfie anopheles muskiet
Waarna word die plasmodium vivax vanaf die wyfie anopheles muskiet oorgedra?
Na die mens
Waar vertoef die plasmodium vivax die eerste 7-10 dae in die mens?
In die lewer
Waar vind die tweede vermeedering plaas?
In die lewer
Watter simptome toon die mens tydens die tweede vermeedering van plasmodium vivax in die lewer?
Toon griepsimptome: Koors Lyfseer Hoofpyn Braking
Na ongeveer hoeveel dae infiltreer die plasmodium vivax die eritrosiete?
Na plus minus 14 dae
Waar vind die derde vermeedering van die plasmodium vivax plaas?
In die eritrosiete
Wat gebeur met die eritrosiete sodra die plasmodium vivax dit infiltreer?
Dit word vernietig en die persoon raak anemies
Wat is die simptome wanneer die plasmodium vivax die eritosiete infiltreer?
Baie hoë koors gevolg deur koue koors
Sweet
Wat gebeur wanneer die toestand onbehandeld gelaat word sodra die plasmodium vivax die eritrosiete binnegaan?
Die brein kan aangetas word
Kan lei tot die dood
Hoe gaan die plasmodium vivax die wyfie anopheles muskiet weer binne nadat die plasmodium vivax binne die persoon was?
Word weer ingeneem wanneer die muskiet weer die bloed opsuig