Voortplanting by gewerwildes Flashcards
Voortplanting ?
Die voortbringing van ‘n nuwe geslag deur bestaande generasie , behales die voortbringing van kleintjies en die groei en ontwikkeling tot volgroeide volwassenes. Voortplanting is die lewensproses wat oorlewing van ‘n bevolking verseker .
Geslagtelike voortplanting
’ n vorm van voortplanting wat die bevrugting van ‘n ovum deur ‘n spermsel behels
Voortplantingstrategiee ?
Wyse waarop organismes voirtplanting uitvoer
Bevrugting ?
Die samesmelting van die ovum met die spermsel
Sigoot ?
Die produk van bevrugting
Embrio ?
Die sigoot wat deur mitose in baie selle verdeel en groei tot ‘n embrio
Oviparie ?
‘n vorm van voortplanting waar die wyfie eiers lê wat buite die liggaam uitbroei
Ovoviviparie ?
‘n vorm van voortplanting waar wyfies eiers in hul liggame hou totdat die eiers inwendig uitbroei
Viviparie ?
‘n vorm van voortplantig waar die embrio in die moeder se liggaam ontwikkel en gevoed word deur die plasenta totdat dit gebore word
Plasenta ?
Orgaan by soogdiere met ryk bloedvoorraad wat kos en suurstof aan die embrio voorsien en die afvalprodukte van die embrio verwyder.
Fetus ?
‘n embrio van ‘n soogdier wat organe en orgaansisteme ontwikkel het.
Amniotiese Eier ?
‘n eier met ‘n dop wat op land kan oorleef en ontwikkel
Allantoïs ?
‘n sak wat die afvalstowwe van die embrio opvang
Chorion ?
Groei om die amnion , dooier en allantoïs en laat gasse na en van die embrio deur.
Naelstring ?
‘n string van bloedvate gevorm wat die embrio met die dooier en allantoïs verbind