Reaksies op die omgewing mense Flashcards
Stimuli ?
Prikkels in die omgewing waarvan iemand bewus word en dan daarvolgens optree of reageer , kan inwendig of uitwendig wees
Senustelsel ?
Sluit die senuwees , brein en rugmurg in en stel die liggaam instaat om pyn , hitte en ander sensasies te voel , en help ook die liggaam om beweging te beheer
Endokriene Stelsel ?
die stelsel wat help om die gesonde werking en metaboliese aktiwiteite van die liggaam te beheer en reguleer en in stand te hou
Sekresie
waneer die liggaam ‘n nodige stof vrystel , bv spysverteringsappe of hormone
Teikenorgane ?
‘n spesifieke groep selle , kliere of organe waarop hormone inwerk
Meninges ?
3 vliese (membrane) wat die weefsel van die SSS omring en beskerm
Grysstof ?
Buitenste laag van die brein , gryserige senuweefsel wat meestal uit selligame bestaan
Miëlenskedes ?
Vetterige skedes of lae wat die neurone isoleer en impulse teen hoë spoed vervoer
Witstof ?
Binneste gedeelte van die brein en rugmurg , dit is weefsel wat ligter van kleur is en meestal uit aksone of senuweefsels met miëlenskedes bedek is
Ventrikels ?
Hol spasies of kamers in die brein wat met serebrospinale vog gevul is
Serebrum ?
Die grootste gedeelte van die brein , bepaal emosies persoonlikheid intelligensie probleemoplossing en spraak en kontroleer willekeurige spierbeweging
Corpus Callosum ?
‘n massa witstof of ‘n dik band senuweefsel wat die linker en regter hemisfere van die serebrum verbind
Serrebellum ?
Die gedeelte van die brein wat onder die serebrum lê , koördineer willekeurige spierbeweging en help ons om liggaamshouding en balans te handhaaf
Medulla Oblongata ?
Die heel onderste gedeelte van die brein , handhaaf noodsaaklike liggaamsfunksies soos asemhaling bloeddruk en harttempo
Rugmurg ?
Die belangrikste kolom senuweefsel wat met die brein verbind is en binne die werwelkolom lê is verandwoordelik vir eenvoudige reflekse
Somatiese Senustelsel ?
Die stelsel wat inligting van reseptore ontvang en willekeurige skeletspierrespons beheer
Outonome Senustelsel ( OSS ) ?
Die stelsel wat onwillekeurige spiere beheer en die werking van sekere kliere beheer , bestaan uit simpatiese en parasimpatiese senustelsels
Simpatiese Senustelsel ?
Beheer aktiwiteite wat die hoeveelheid energie wat ons gebruik , vermeerder , deel van die outonome senustelsel wat aktiwiteite beheer wat die liggaam voorberei vir “veg of vlug”
Parasimpatiese Senustelsel ?
Beheer aktiwiteite wat die hoeveelheid energie wat ons gebruik verminder , deel van die outonome senustelsel wat aktiwiteite beheer wat die liggaam na normaal laat terugkeer en die “ rus en verteer” respons veroorsaak
Senuweefsel ?
Die basiese eenheid van die senustelsel , word ook ‘n neuron genoem
Neuron ?
Die basiese eenheid van die senustelsel
Epineurium ?
‘n Laag bindweefsel wat die senuwee omring
Perineurium ?
Omsluit elke bondel neurone
Endoneurium ?
‘n Laag delikate bindweefsels binne ‘n senuwee wat die bondel neurone omring
Selliggaam ?
Die deel van die neuron wat die selkern bevat
Afferente Neurone ?
Senuwees wat senuwee-impulse na die SSS vanaf die reseptore of organe wat inligting ontvang gelei
Efferente Neurone ?
Senuwees wat senuwee-impulse vanaf die SSS na die effektore , wat spiere of kliere is gelei
Schwann-selle ?
Selle wat hulself om die akson vou en die neuron voed , die binneste lae van die schwann-selle smelt saam om die miëlenskede te vorm
Neurilemma ?
‘n Membraan wat ‘n belangrike rol speel om ‘n beskadigde neuron te herstel
Ranvier se Knope ?
Gapings tussen die Schwann-selle wat die senuwee-impulse versnel
Refleksbeweegings ?
‘n Vinnige onwilkekeurige reaksie van ‘n spier of klier weens stimuleering van ‘n reseptororgaan
Eenvoudige Refleksboë ?
Neurobane wat impulse van ‘n reseptor na effektor gelei om refleksbeweeging te veroorsaak
Dendriet ?
Verlenging van die neuron wat impulse na die selliggaam gelei
Sinaptiese Knop ?
Die end van die akson waar die neuro-oordraers vervaardig word
Sinaps ?
‘n Klein gaping tussen aangrensende neurone
Neuro-oordraers ?
‘n Chemiese stof wat deur ‘n senusel afgeskei word wat ‘n impuls van een neuron na die volgende gelei
Stamselle ?
Selle wat instaat is om te verdeel en te diffrensieer in ongeveer enige van die seltipes in die menslike liggaam
Anti-inflammatories ?
Verminder die inflamasie in die liggaam
Serotonien ?
‘n Neuro-oordraer wat in die SSS gevorm word en betrokke is by slaap , eet en aggressie en liggaamstempratuur
Dopamien ?
‘n Neuro-oordraer wat in die SSS gevormword en belangrik is om gedrag en leer te reguleer
Interoseptore ?
Resptore wat deur interne stimuli in die liggaam gestimuleer word
Eksteroseptore ?
Reseptore wat deur eksterne stimuli in die omgewing gestimuleer word
Sklera ?
Die middelste laag van die oogbol wat bestaan uit stewige onelastiese weefsel en laat die oog sy vorm behou en is die plek waar die oogspiere geheg is
Kornea ?
Die voorste gedeelte van die sklera in die oog
Konjunktiva ?
‘n Dun membraan wat die voorkant van die oogbol bedek
Choroîed ?
Die binneste laag van ‘n werweldier se oë wat baie bloedvate bevat
Retina ?
‘n Ligsensitiewe membraan wat die binnekant van die oogbol uitvoer
Fotoreseptore ?
Skakel lig om na senu-impulse
Stafies ?
Sensoriese selle in di retina wat aktief is by dowwe lig wat ons instaat stel om swart en wit beelde te sien
Keëltjies ?
Reseptorselle in die retina wat aktief is by helderlig en ons kleur laat sien
Lens ?
Deel van die ligbrekingmeganisme agter die pupil , dit verdeel die binnekant van die oogbol in die voorkamer en agterkamer
Suspensoriese ligament ?
Hou die ooglens in plek
Binokulêre gesigsvermoë ?
Vermoë om met albei oê te kyk na , of te fokus op ‘n voorwerp
Akkomodasie ?
Die proses waar die lens sy vorm verander om jou instaat te stel om of naby en vêr voorwerpe te kan fokus
Pupilrefleks ?
Die reaksie waneer die pupil saamtrek sodra die lig die oog binnedring
Bysiendheid ?
Naby voorwerpe kan duidelik gesien word maar vêr voorwerpe lyk uit fokus
Versiendheid ?
Voorwerpe wat vêr is kan duidelik gesien word maar voorwerpe wat naby is lyk uit fokus
Organe van Corti ?
Sensoriese strukture in die binneoor wat golfagtige beweegings van dir vloeistof in die binneoor omsit in senuwee-impulse