Voortplanting by die mens💁♂️ Flashcards
Spermatosoë ?
Sperm of die manlike gamete
Semen ?
‘n klewerige vloeistof wat sperm bevat
Geslagsgemeenskap ?
Die daad van seksuele omgang
Ejakulasie ?
Die vrylating van semen en sperm uit die penis
Follikel ?
Struktuur wat ontwikkel en volwasse word om ‘n ovum te vorm
Himen ?
‘n dun velmembraan wat oor die vagina span net agter die opening
Maagd ?
iemand , vroulik of manlik wat nog nooit geslagsgemeenskap gehad het nie
Maagdelikheid ?
Waneer die himen ongeskonde is
Fisiologies ?
Die prosesse en die funskies van die liggaam of dele van die liggaam
Hormone ?
Chemiese stowwe wat verskeie funksies van die liggaam reguleer
Groeihormoon ?
Beheer die groeitempo en veroorsaak die versnelde groei wat met puberteit geassosieer word
Luteïniseringshormoon (LH) ?
In vrouens veroorsaak dit ovulasie , in mans stimuleer dit die vorming van testosteroon.
Follikel-Stimuleerende hormoon (FSH) ?
Stimuleer die rypword van kiemselle wat ovums word by vroue en sperm by mans.
Negatiewe terugvoer ?
Een of ander toestand in die liggaam verander wat veroorsaak dat ander meganismes in die liggaam ‘n teenoorgestelde effek uitoefen.
Testosteroon ?
Hormoon wat by mans verantwoordelik is daarvoor dat die sperm ryp word en vir sekondêre geslagsontwikkeling
Progesteroon ?
Vroulike hormoon wat hoofsaaklik in die ovariums geproduseer word
Estrogeen?
Vroulike hormoon wat hoofsaaklik in die ovariums geproduseer word
Menstruele siklus ?
Maandelikste hormonale siklus by ovuleerende vroue
Ovulasie ?
Vrylaat van die ovum uit die ovarium om en by Dag 14
Menopouse ?
Wanneer vroue ophou om te menstrueer gewoonlik teen die ouderdom van 45 - 50 jaar oud
Corpus Luteum ?
Weefsel wat in die ovarium agterbly nadat die ovum vrygelaat is , vervaarig progesteroon
Negatiewe Terugvoermeganisme ?
Meganisme in die liggam wat een of ander toestand in die liggaam verander waarneem en sal dan die teenoorgestelde effek produseer sodat liggaam kan terugkeer na normaal
Blastosist ?
Meersellige struktuur wat uit ‘n sigoot ontwikkel en aan die wand van dir uterus heg
Embrio ?
‘n bal van selle wat ontwikkel as die sigoot mitose ondergaan (in die eerste 8weke na ovulasie)
Gestasie ?
Om swanger te wees , die tydsduur vanaf bevrugting tot geboorte
Inplantasie ?
Waneer die blastosist aan die wand van die uterus heg
Fetus ?
vanaf 3 maande waneer organe teenwoordig is
Oksitosien ?
Hormoon wat die uterus laat saamtrek tydens geboorte
Prolaktien ?
Hormoon wat vrygstel word waneer baba gebore is en die progesteroonvlakke afgeneem het , dit stimuleer die melkkliere om melk te vervaardig
Vasektomie ?
Die vas deferens word gesny om sperm te verhoed om die liggaam te verlaat