Voornaamwoorde Flashcards
Adam is ‘n seun.
__ het ‘n krieketkolf.
Dit is __ krieketkolf.
Adam is ‘n seun.
Hy het ‘n krieketkolf.
Dit is sy krieketkolf.
Karen is ‘n meisie.
__ het ‘n stel verfkwasse.
Dit is __ verfkwasse.
Karen is ‘n meisie.
Sy het ‘n stel verfkwasse.
Dit is haar verfkwasse.
Gee die korrekte voornaamwoord:
(Lindie en die duif) word maats.
Hulle
Gee die korrekte voornaamwoord:
Lindi gaan saam met (Lindi se) ouma stad toe.
haar
Gee die korrekte voornaamwoord:
Ouma sê (Ouma) sal vir Lindi help met haar werk.
sy
Gee die korrekte voornaamwoorde:
Ek pak __ eie tas.
Die tas is __.
my
myne
Gee die korrekte voornaamwoorde:
Jy moet __ eie tas dra.
Die tas is mos __ .
jou
joune
Gee die korrekte voornaamwoorde:
Ons moet __ kaartjies bespreek.
Die kaartjies is __.
ons
ons s’n
Gee die korrekte voornaamwoord:
Julle moet __ motors was.
Die motors is __.
julle
julle s’n
Ek het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Ek het ‘n kat.
Dit is my kat.
Die kat is myne.
Jy het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Jy het ‘n kat.
Dit is jou kat.
Die kat is joune.
Sy het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Sy het ‘n kat.
Dit is haar kat.
Die kat is hare.
Hy het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Hy het ‘n kat.
Dit is sy kat.
Die kat is syne.
Ons het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Ons het ‘n kat.
Dit is ons kat.
Die kat is ons s’n.
Julle het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Julle het ‘n kat.
Dit is julle kat.
Die kat is julle s’n.
Hulle het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Hulle het ‘n kat.
Dit is hulle kat.
Die kat is hulle s’n.
Noem 3 aanwysende voornaamwoorde.
dit
hierdie
daardie
Simon vra vir (Simon se) ma of (Simon) ‘n mikroskoop vir (Simon se) verjaarsdag kan kry.
Simon vra vir sy ma of hy ‘n mikroskoop vir sy verjaarsdag kan kry.