Leestekens Flashcards
Elke sin begin met ‘n…
hoofletter
‘n Sin eindig met ‘n…
. (punt)
Eiename (proper nouns) begin met ‘n…
hoofletter (bv. Emma, Woensdag, April, Kaapstad)
‘n Vraagsin eindig met ‘n…
? (vraagteken)
Wat is die naam van die leesteken in “sê”?
‘n kappie
‘n Uitroepsin eindig met ‘n…
! (uitroepteken)
Wat is die naam van die leesteken in “oë”?
‘n deelteken
‘n Bevelsin eindig met ‘n…
! (uitroepteken)
Watter leestekens is nodig vir ‘n sin in direkte rede?
: (dubbelpunt)
“ “ (aanhalingstekens)
Skryf die volgende sin in direkte rede:
Wikus sê dat hy Janet se knippies sien.
Wikus se: “Ek sien Janet se knippies.”
Waar ‘n letter of ‘n syfer met ‘n naamwoord verbind word, kry die woord ‘n…
- (koppelteken)
bv. gr. 5-leerder
TV-stel
DVD-speler
ses-uur
A-span
Waar ‘n rigting deel van die pleknaam is, kry die woord ‘n…
- (koppelteken)
bv. Paarl-Noord
Wes-Afrika
Voeg die nodige leestekens by:
Na Pinehurst wil ek graag na Pinelands Hoerskool toe gaan
Hoërskool
Punt aan die einde van die sin
Voeg die nodige leestekens by:
Johan se hy wil ‘n appel he.
sê
hê
‘n Bevelsin begin met ‘n…
werkwoord
Verander die instruksie na ‘n bevelsin:
Jy moet in jou boek skryf.
Skryf in jou boek!
Verander die instruksie na ‘n bevelsin:
Jy moet na die juffrou luister.
Luister na die juffrou!
‘n Vraagsin begin met ‘n…
werkwoord
Verander die stelling na ‘n vraagsin:
Wikus sien beter met die bril.
Sien Wikus beter met die bril?
‘n Instruksie begin met ‘n…
werkwoord
Verander hierdie sin na a bevelsin:
Jy moet ‘n bietjie hoes.
Hoes ‘n bietjie!
Verander hierdie sin na a bevelsin:
Jy moet jou balans oefen.
Oefen jou balans!
Verander hierdie sin na a bevelsin:
Jy moet baie water drink.
Drink baie water!