Visuele geletterdheid Flashcards
Visuele geletterdheid
Die vaardigheid om ‘n teks se inhoud te bestudeer, aniliseer en interpreteer.
Geskrewe tekste
- woorde staan sentraal
- leser is skepend betrokke deur betekenisgewing
- leser gebruik hul verbeelding om visuele betekenis daaran te gee
Visuele tekste
- beeld/prent staan sentraal
- bemagtig leser intellektueel en emosioneel
- leser interpreteer teks vanuit hul eie persoonlike en
kulturele verwysingsraamwerk
Denotasie
letterlike betekenis
Konnotasie
Figuurlike betekenis
idee of gevoel wat aan ‘n woord gekoppel word
Kenmerke van visuele tekste
- moet leser beinvloed
- nie altyd ‘n realistiese uitbelding nie
- leser word daarby betrokke
- het ‘n oppervlakkige en ‘n verskuilde boodskap
Teken
gee ‘n betekenis binne ‘n bepaalde konteks
Simbool
teken wat ‘n ander saak verteenwoordig
Grafiese voorstelling
Produkte van visuele en tegniese kunste soos teken, ontwerp
Ikoon
Afbeelding wat in plek van iets anders gebruik word
Visuele voorstelling
Foto’s, spotprente, modelle, tekeninge, skilderye
Indeks
Teken wat wys na objek waarvan dit teken is
bv. Skaduwee
Beeld
prent of visuele voorstelling
Samelewingsmites
Interpretasie word bepaal deur kultuur van die gemeenskap vir wie teks bedoel is
Einskappe van visuele taalgebruik
Leser moet sy/haar ou kennis asook verworwe kennis (verwysingsraamwerk) gebruik.
Leser moet elke visuele teks verskillend interpreteer.
Interpretasie hang af van kultuur- en opvoedingsraamwerke.
Visuele tekste gebruik universele patrone wat standaard respons uitlok.
Moet binne konteks verstaan word.