Verwering Flashcards
Wat is verwering, noem en beskryf die 3 tipes
Die proses waar stukke van gesteentes afgebreek word
Fisiese verwering- Afbreek van gesteentes deur fisiese kragte
Chemiese verwering- Afbreek van gesteentes deur chemiese reaksies
Biologiese verwering- Verwering deur werking van lewende dinge
Noem en beskryf die 2 tipes fisiese verwering
Vriesbreking - Die proses waardeur rotse afgebreek word wanneer water in die krake vries en uitsit
Afskilfering - Gebeur as gevolg van ontlading van stollensgesteentes wat diep ondergrond gevorm het met ‘n baie groot las op hulle. Oor tyd het die boonste gesteentes verweer en die stollensgesteente het uitgesit en begin kraak parallel aan die oppervlak, en breek later in lae af
Wat is ‘n stollensgesteente
Gesteente wat ontstaan wanneer ‘n vulkaan uitbars, die warm rots op die aarde stol, en baie hard word
Beskryf chemiese verwering in gesteente ryk aan kalsiumkarbonaat en gesteentes ryk aan yster
Kalsiumkarbonaat
Koolstofdioksied in die lug los op in reënwater en vorm ñ swak suur genaamd koolsuur. Koolsuur reageer met kalsiumkarbonaat in die gesteentes en maak dit oplosbaar in water
Yster
Wanneer suurstof reageer met yster, laat dit die yster roes. Roes verander die kleur van die yster in ñ gesteente en dit maak dat dit verkrummel
Beskryf die uitwerking van menslike aktiwiteite op verwering in terme van mynbou en besoedeling
Mynbou - Oopgroefmynbou vergroot die oppervlak van gesteentes wat aan elemente van werweering blootgestel is
Besoedeling - Verbranding van fossielbrandstowwe maak gasse wat suurreën veroorsaak en gesteentes vinniger laat verweer