Gebruik Van Hulpbronne Flashcards
Wat is hulpbronne, noem en beskryf die 2 tipes
Hulpbronne is iets wat ñ land kan gebruik soos minerale, vis, hout ens. Natuurlike hulpbronne is hulpbronne wat uit die natuur kom en nie mensgemaak is
2 TIPES
Hernubaar- Kan oor en oor gebruik word en kan hulself vervang, soos hout
Nie-Hernubaar- Kan net een keer gebruik word en kan nie hulself vervang, soos steenkool
Wat is oorbevissing
Wanneer visse in sulke groot hoeveelhede gavang word dat hulle getalle drasties afneem
Hoekom vind oorbevissing plaas
Dit is moeilik om te weet hoeveel visse daar in ñ gebied is en dus is dit moeilik om te bepaal hoeveel visse gevang kan word
Groeiende mense bevolkings plaas meer druk op vis as ñ voedselbron en maak dat mense meer vis moet vang met nuwe tegnieke
Dit is baie moeilik om oorbevissing te beheer omdat baie groot areas gepatrolleer moet word
Stropery is ñ groot rede vir oorbevissing. Bendes en werkloses vang baie meer kreef en perlemoen om op die swartmark te verkoop
Wat is die gevolge van oorbevissing
Visbedrywe stort in duie omdat die visstapels soveel verklein het
Groot nette of lang lyne met duisende hoeke vang dikwels meer spesies vis as die tykenspesies, hulle word dan weer terug gegooi en kan daarvan doodgaan
Plaaslike gemeenskappe wat ñ bestaan maak van visvang kan nou minder vis vang en minder geld verdien wat hul lewens standaard verswak en vir die volgende geslagte minder geleenthede skep
Wat is die 3 redes vir oorbeweiding
Kulturele redes- In sommige kulture word diere aangehou vir seremonies en geskenke. Dit kan ook ñ simbool van rykdom wees
Ekonomiese redes- Komersiele boere kan diere net aanhou om wins te maak, waar meer diere meer geld beteken
Klimaatsredes- Die hoeveelheid reën wat ñ streek kry het ñ uitwerking op hoeveel weiding vir hoeveel diere beskikbaar is
Noem 5 langtermyn gevolge van oorbeweiding
Onvrugbare grond verminder Ekonomiese produktiwiteit
Landelike gemeenskappe word armer omdat hulle minder diere het om te eet of verkoop
Mense beweeg van landelike gebiede na stede op soek na ander werk
Voedselpryse styg omdat daar ñ kleiner aanbod is
Die ekosisteem word beïnvloed deur minder beskikbare gras, wat beteken ander diere word ook geraak