Die Impak Van Mense Op Gronderosie Flashcards

1
Q

Hoe dra landbou, konstruksie en mynbou as ñ geheel by tot gronderosie

A

Verwydering van plantegroei vir landerye, geboue en paaie: plantwortels hou die grond vas, verminder die spoed van wind en lopende water op die grond en verminder sodoende hulle erosie krag. Water wat stadiger groei sak ook makliker in die grond in en veroorsaak minder water wat oor die grond spoel

Swaar voertuie wat oor die land bestuur word: Swaar voertuie kompakteer die grond en veroorsaak dat plante nie kan groei en water nie kan intrek en die grond beskerm

Bedek grondoppervlak met geboue, geplaveide gebiede en teerpaaie wat infiltrasie van water verminder en afloop vermeerder

Versteur die grond deur dit te ploeg of op te grawe vir fondamente of mynbou: Versteurde grond erodeer makliker en maak gronddiertjies wat die grond bevrug dood

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Hoe dra landbou, veeboerdery en grondbewerking by tot erosie

A

Landbou- Swak suid Afrikaanse landbou praktyke soos om baie met verskillende gewasse en vee te boer, dra dit baie by tot gronderosie

Veeboerdery- Oorbewyding beteken dat daar te veel diere op ñ stuk grond is vir die plante om te hanteer, so hulle vreet die plante baie vinniger as wat dit kan terug groei en vernietig sodoende die plantegroei bedekking. Boonop word die grond gekompakteer, wat verder bydra tot erosie

Grondbewerking-
Enkelgewasverbouing- Deur net een gewas elke jaar te verbou, verlaag dit die grond rugbaarheid en maak dat dit makliker erodeer
Chemiese stowwe soos plaagdoders maak gronddiertjues dood wat veronderstel is om die grond bymekaar te hou
Deur by hellings op te plant, ek veroorsaak dit dat water rye tussen deur die gawasse spoel en kanale maak om nog vinniger af te spoel. Dit kan voorkom word deur kontoerplanting, waar plante in rye lang kontoere af geplant word en die vloei van water vertraag
Oorhoofse besproeiing kompakteer die grond

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly