Erosie En Afsetting Flashcards
Wat is erosie en afsetting
Erosie- Wegslyting deur wind, water ens.
Afsetting- Om iets neer of agter te laat
Wat is die loop van ‘n rivier
Die pad wat ‘n rivier volg
Hoe vorm ‘n vallei
Terwyl ‘n rivier see toe vloei erodeer hy afwaards en sywaards wat valleie vorm
Beskryf die boloop en onderloop van ‘n rivier
BOLOOP
Steil gradient, sny dus meer afwaards in as sywaards. Valleie is diep met steil kante
ONDERLOOP
Die gradient is sagter, sny dus meer sywaards as afwaards. Valleie word breër en platter
Hoe vorm watervalle
Wanneer ñ rivier oor harde gesteentes loop kan dit nie maklik daardeur sny nie. Dit vorm ñ trap in die rivier se loop waar die water op sagter gesteentes laer afval, met meer erosie krag
Ken bladsy van afsetting op p. 107
Hoe ontstaan baaie
Wanneer sagte gesteentes vinniger erodeer as hardes. Die hardes bly oor en staan bekend as ñ hoë kaap
Hoe ontstaan grotte by die see
Wanneer golwe ñ klein holte aan die basis van ñ hoë kaap erodeer
Hoe ontstaan ñ boog, suil en stomp
Boog - As ñ grot dwarsdeur ñ kaap erodeer
Suil - wanneer die boonste deel van ñ boog instort
Stomp - oorblyfsels van ñ erodeerde suil. Dit wys tot hoe ver ñ kaap oorspronklik gestrek het
Ken paragraaf onder op bladsy 109 van hoe kranse terug trek
Kyk ook na altwee prente
Wat is kuslangse drywing
Wanneer sand op die strand langs die kus afgeset word, beweeg dit al langs die kus af saam die seestroom. Dit kan later landtonge (lang, dun stukke land wat in die see uitsteek) en sandbanke (as sand dwarsoor ñ baai of riviermond afgeset word) vorm
Wat is gletserskraap
Krapmerke in rots wat veroorsaak was deur gletsers wat oor die grond beweeg het
Hoe vorm u-vormige valleie
Wanneer ñ gletser in ñ valei afbeweeg, maak hy dit dieper en breër en vernietig enige uitlopers. Dit gee die valei ñ u-vorm.
Hoe vorm horingpieke
As daar meer as een gletser op ñ berg is, is erodeer hulle die berg aan verskeie kante. Dit vorm dan later ñ skerp piek(horingpiek)
Wat is swerfblokke
Groot blokke wat deur gletsers vervoer is en iewers afgeset is toe die ys gesmelt het