Temas, subtemas, boodskappe en motiewe Flashcards

1
Q

Wat is die hooftema van die roman

A

kuberkrakery , sosiale manipulasie en die bevraagtekening van gesagsverhoudings

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Neom die 3 **subtemas ** in die roman met n kort verduideliking

A
  • Verlies: Onderwêreld gaan grootliks oor ontvalling, skade en die verloor van dit wat belangrik is vir ’n mens.
  • Protes/opstand: onderwêreld konfronteer die leser ook met die tema van protes/opstand. Die protes is in hierdie roman gemik teen sosiale kwessies soos die verafgoding van geld, die verlies van individualiteit en die uitbuiting van die samelewing.
  • Plaasvervangerskap: Die term “plaasvervangerskap” verwys na die vervanging van een element met ’n ander. In onderwêreld is daar ook talle verwysings na plaasvervangerskap:
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Bespreek hoe protes as a tema in die drama voorkom

A
  • Greg se besef dat die wêreld van geld boos is.
  • Ryk mense se doodluiterse ignorering van armes wanneer hulle na vakansieoorde ry.
  • Ryk mense wat eerste gehelp sal word met vaksines sou ’n epidemie uitbreek.
  • Plank se veragtelike verwysing na die koop van posisies op die leerlingraad.
  • Eckardt wat sê dat die seuns klone van hulle ouers word.
  • TJ wat mense beskou as pionne wat geoffer kan word vir groter belonings.
  • Plank en Eckardt se verwysings na breinspoeling van kinders in skole.
  • Kuberkrakers wat groot maatskappy aanvat oor hulle programme en sekuriteit.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Bespreek hoe verlies as a **tema **in die drama voorkom

A
  • Eckardt verloor sy onskuld as 11‐jarige wanneer hy op sy pa afkom waar hy wil
    selfmoord pleeg.
  • Greg verloor sy geliefde broer na wie hy opgesien het as held.
  • Greg se ma ervaar die verlies van ’n kind en leef met die vrees dat sy nog ’n kind kan
    verloor as haar man se druk op hom toeneem. Sy behou uiteindelik tog haar kind,
    maar verloor haar man wanneer sy betrokkenheid by die misdaad duidelik word. En
    natuurlik verloor Greg sy pa.
  • Met Eckardt se verdwyning verloor Greg ’n vriend en spoor hulle vriendskap hom
    aan om op ’n spannende soektog te gaan waarin hy van sy waardes verloor en begin
    leuens vertel en ander vriendskappe afskeep.
  • Greg vind ook uit hoe dit voel om respek te verloor wanneer hy nie meer as ’n leier
    gesien word nie, maar as ’n verloorder.
  • Greg se afdaal na die onderwêreld gaan gepaard met ’n verlies van waardes.
  • Daar is sprake van ’n verlies van vryheid in die ingehokte skoolgronde wat amper
    soos ’n tronk kan voel vir die leerders (bl. 151). En natuurlik die gevolge wanneer jy
    gevang word vir kuberkrakery wanneer tronkstraf jou voorland kan wees.
  • Verlies van sekuriteit kom na vore in die kraking van persoonlike inligting en stelsels.
    Ook die feit dat ’n leerder kan verdwyn by ’n elite privaat seunskool beeld hierdie
    verlies aan veiligheid uit.
  • Die karakters se byname en die aanneem van ’n ander persona wanneer hulle sosiale
    manipulering toepas, dui op ’n verlies van identiteit.
  • Laastens is daar die verlies van lewens wanneer die virus begin toeslaan op die
    publiek.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Bespreek hoe plaasvervangerskap as a tema in die drama voorkom

A
  • Die karakters vervang hulle name met byname wanneer hulle die kuberruim betree.
    Vir Eckardt het sy bynaam Eck‐0 ook ’n emosionele betekenis omdat dit sy
    wraakgedagtes weerspieël.
  • Eckardt word ’n plaasvervanger vir John. Dit word duidelik in die kyk in sy oë (bl. 30),
    die verwysings na ’n nuwe ekstreme sport (bl. 46), soortgelyke stem (bl. 177) en
    meer.
  • Hoofstuk 28 se titel is “Ek wens ek was jy”. Hier word die uitruil van lewens
    beredeneer. Sal dit beter wees om in ’n ander persoon se skoene te staan?
  • Greg moet ’n plaasvervanger word vir sy afgestorwe broer. Veral sy pa verwag nou
    van hom dat hy moet presteer om op te maak vir sy broer wat dit nie kon doen nie.
  • Eckardt se wraak is niks anders as ’n plaasvervanger vir die pyn wat hy moes verduur
    as kind nie. Hy wil Greg se gesin verwoes om te vergoed vir sy eie pyn.
  • Om sy sosiale manipuleringaanval suksesvol te voltooi, moet Eckardt sy ou lewe
    (identiteit) vervang met ’n nuwe lewe (identiteit).
  • Eckardt verander sy stemtoon wanneer hy met sosiale manipulering besig is.
  • ’n Kunstenaarskets vervang foto’s van Eckardt. Die een foto wat van hom geneem
    word op die strand was onduidelik omdat hy weggekyk het.
  • Plaasvervangerskap word ook sinoniem met misleiding. So verwys Eckardt
    herhaaldelik na homself as ’n “white hat”‐kuberkraker. Later sê hy hy is ’n “black hat
    uit die onderwêreld”.
  • Eckardt vervang sy skootrekenaar en los ’n ander een in sy kamer wanneer hy die
    pad vat.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

In onderwêreld kan ′n leser waarskynlik een van die volgende boodskappe
(lewenslesse) aflei:

A
  • wat soms na pynlike probleme lyk, kan geleenthede vir selfinsig en ontwikkeling
  • wees.
  • tieners mag ongerymdhede van volwassenes aanmeld.
  • selfdood mag na ′n oplossing lyk, maar los baie probleme vir die wat agterbly.
  • moenie deelneem aan die wêreld van misdaad nie.
  • moenie verlei word om deel te neem aan die wêreld van kuberkrakery nie
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Noem die Motiewe wat voorkom in die die roman

A

Onderwêrelde
Rituele/gebruike
Eggo’s
Rykdom en armoede
Voëlgriep

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Bespreek hoe Rykdom en armoede as a motief in die roman na te vore kom.

A

Greg merk telkens op hoe die lewensstyl van ryk en arm verskil:
* Die rykmansskool, Lawson Kollege, se moderne geboue, lang waglys, ongeskrewe
kriteria en verwysing na klasverskille word sommer in hoofstuk 2 al aangebied.
* Plank verwys na die leerlingraadwapen op Greg se baadjie as ’n kwitansie vir die ou
wie se pa die skool se begroting die grootste hupstoot kon gee.
* Greg sien homself as iemand van ’n hoër stand as die skool se terreinbestuurder
wanneer hy sy pa se woorde gebruik en sê Tom is nie hulle soort mense nie. (bl. 41)
* Greg se konflik met die onderwêreld van geld toon sy ontnugtering met rykdom.
* Greg verwys na rykmansmotors wat verby arm kinders ry op pad na duur
vakansieoorde in die Drakensberg. Dit terwyl hy self vakansie hou in sy ouers se
vakansiehuis in Jeffreysbaai.
* Geld maak die Owen gesin en skeur hulle uiteindelik ook uitmekaar

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Bespreek hoe Onderwêrelde as a motief in die roman na te vore kom.

A

Om aan te sluit by die titel van die roman, kom die tema van onderwêrelde sterk na vore.
* Die ingehoktheid van die tonnel wat onderdeur die skool loop, gee ’n benoude
gevoel en is simbolies van ’n vuil, stinkende onderwêreld onder die pragtige,
moderne skoolgeboue.
* Die onderwêreld van geld word duidelik wanneer Greg besef dat dít die regte
onderwêreld is. Dit is deurtrek met boosheid en erger as enigiets wat ’n kuberkraker
kan aanvang (bl. 159).
* Die onderwêreld van kuberkrakers word telkens beskryf, o.a. met verwysings na die
getal 2600 wat ’n belangrike getal is in hulle onderwêreld, die “taamlik bekende”
LowVoltage wat in die onderwêreld van kuberkrakers beweeg en onbekende
onderwêreldse krakers wat skielik hulle verskyning kan maak wanneer hulle
uitgevang word.
* Die misterie en gevaar van die onderwêreld is Eckardt se lokaas om Greg in te katrol.
Hy noem dit dan ook “Cyberspace se onderwêreld” (bl. 46)
* Die onderwêreld van emosies word deurgaans belig, soos op bl. 5 waar Eckardt se pa
beskryf word: “Hy kom stadig terug uit die donker onderwêreld.” Dis ook duidelik in
Greg se emosies na sy broer se selfmoord, en sy gevoellens wanneer hy dieper in die
rekenaar‐onderwêreld wegsink.
* Daar is verwysings na die onderwêreld in Griekse mitologie.
* Die onderwêreld word gebruik om interne konflik uit te beeld wanneer Greg
vasgevang voel tussen onderwêreld en die bo‐wêreld (bl. 121 & 165/166)
* Laastens haal die mens se magteloosheid teen die onderwêreld die wind uit Greg se
seile wanneer hy besef: “Nes jy reken jy het die bodem van die onderwêreld bereik,
stop iemand jou ’n graaf in die hand en moet jy dieper grawe.” En dít is seker
hoekom dit die onderwêreld genoem word . . .

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Bespreek hoe Rituele/gebruike as a motief in die roman na te vore kom.

A

Rituele kom op die volgende maniere na vore in Onderwêreld:
* Greg vind vastigheid in daaglikse rituele. Die omvergooi van
hierdie rituele skep innerlike konflik by hom.
* Die Tonnel-ritueel behels die inburger van nuwe leerders by
Lawson Kollege. Hierdie ritueel beïnvloed die seuns se hele
skoolloopbaan. Onsuksesvolle Trappers word uitgewekenes.
* Daar is ’n verwysing na ou Boesmanrituele wanneer Greg en
Eckardt op hulle rotstekeninge afkom.
* Eckardt beskryf die ritueel om ’n regte kuberkraker te word
wanneer jy jou eie krakerprogramme begin skryf en bereid is om
inligting te deel.
* Laastens is daar die ritueel van rou. Greg en sy ma worstel met
skuldgevoelens wanneer hulle gelukkig is of lag. Greg se pa
verbied hom om te huil oor John, maar uiteindelik begin hy hierdie
rou-ritueel wanneer hy in die epiloog huil. Hy kan nou uiteindelik
gesond word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Bespreek hoe Eggo’s as a motief in die roman na te vore kom.

A

Talle verwysings na eggo’s kom voor in Onderwêreld. Dit word gesien in :
* Eck‐0 se naam
* Werklike eggo’s wanneer Greg en Eckardt met perde teen die berg uitklim, hulle
name uitroep en dit terug eggo.
* Die eggo van gebeure uit die verlede in die hede. Dit is die duidelikste in Eckardt se
wraak.
* Die weerkaatsings van gesigte in winkel‐ of museumuitstalvensters kan gesien word
as herhalings, of eggo’s.
* Die antwoorde op vrae bly ontwykend in die proloog en word beskryf as eggo’s uit
die onderwêreld.
* Die omskrywing van die rekenaarterm “ping” wat die sentrale gedeelte van die boek
inlei, is in werklikheid die terugkaats of eggo van ’n rekenaarsein.
* Die simboliese eggo’s uit die onderwêreld word in die proloog omskry

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q
A
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly