Karakters Flashcards

1
Q

Wie is die protagonis?

A

GREG OWEN (G-4ce)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat weet ons alles van Greg?

A

Hy is ′n matriekleerder en die hoofseun aan Lawson Kollege.
* Greg is aan die begin ′n leier met sterk leierseienskappe, maarnamate hy meer belangstelling in kuberkrakery vertoon, raaksy taak as leier vir hom al hoe minder belangrik. Kwanele moet in Greg se plek toesig hou by die kerkdiens terwyl Greg besig is met kuberkrakery.
* Hy is ′n sportman wat veral lief is vir rugby speel. Hy speel vleuel vir die eerste rugbyspan.
* Greg se ouers is baie ryk. Greg se pa is die eienaar van Turret Media, ′n groot mediamaatskappy.
* Greg is slim en vaar aanvanklik akademies goed. Sy pa verwag aan die einde van die jaar 9 onderskeidings van hom en plaas druk op Greg.
* Greg verloor op ′n jong ouderdom sy broer, John, aan die dood. John pleeg selfdood omdat die druk wat sy pa op hom plaas om te presteer, te veel geword het. Dit veroorsaak dat Greg ′n vrees vir die dood ontwikkel.
* Greg het ′n meisie, Nicole. Greg vertrou haar nie aangesien hy in die berge skoolgaan en sy die stadslewe geniet. Dus kan hy nie vir haar sê dat hy lief is vir haar nie. Dit veroorsaak ′n gespanne verhouding tussen die twee.
* As die leser Greg beter leer ken, kom ons agter dat hy ook ′n karakter is wat omgee – hy is byvoorbeeld bekommerd omdat sy ma dikwels alleen in die groot, leë huis sit, terwyl sy pa werk. Hy loods ook ′n obsessiewe soektog omdat hy bekommerd is oor Eckardt se verdwyning.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

As ′n mens Greg se karakterontwikkeling deur die verloop van die verhaal fyn dophou, dan is die volgende sake van belang:

A
  • Greg is aanvanklik ’n gewilde leier met wie almal geselsies aanknoop.
  • Later verloor hy die ander leerders se respek en word ’n “loser” genoem deur een van hulle. Hy besef self ook dat hy nie ′n leier is nie omdat hy al hoe minder volgelinge het.
  • Greg gee aanvanklik voor dat hy selfversekerd is, al het hy ’n knou weg na sy broer se selfdood. Hy twyfel eintlik baie in homself.
  • Die kuberkraker-lesse gee hom valse, rebelse selfvertroue.
  • Hy rebelleer teen sy pa se rigiede gesag en ook teen die skool se tradisionele skoolreëls. Hy daag ook Dok
  • Pienaar se gesag uit deur te weier om aan ′n rugbywedstryd deel te neem.
  • Hy besef uiteindelik dat hy vir die eerste keer sedert sy broer se dood weer regtig lewe,
  • maar dan stort Greg se eens veilige, gemaklike bestaan, nes sy emosies, heeltemal in duie. Waar Greg deur die verloop van die verhaal misstappe begaan, erken hy aan die einde dat hy foute begaan het en nie “bullet proof” is nie.
  • Hy vergoed vir sy wandade deur sy hulp aan die polisie aan te bied.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wie is die hoofkarakters

A

GREG OWEN (G-4ce)
ECKARDT WILKEN (Ekk-0)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wie is die antagonis in die roman

A

ECKARDT WILKEN (Ekk-0)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat weet ons van Eckardt?

A
  • Eckardt kry as graad 12-leerder onwettig toelating tot Lawson Kollege (hy skep ′n onwettige profiel op die skool se rekenaarsisteem) sonder dat hy aan die kriteria voldoen wat as vereiste gestel word aan leerders wat by Lawson Kollege wil inskryf: Eckardt se familielede het byvoorbeeld geen vorige verbintenisse met die skool gehad nie.
  • Eckardt het iets misterieus/geheimsinnig aan hom, want die leser kry min inligting oor hierdie karakter.
  • Hy bly deurgaans ′n buitestander wat nie veel oor homself verklap nie.
  • Eckardt se geheimsinnigheid word versterk deur die feit dat hy duidelik ′n buitestander van sy graad 12 groep is. Eckardt volg sy eie kop en wil nie regtig deel wees van die aktiwiteite waaraan sy Graad 12-maats deelneem nie. Daarom wil hy nie soos die ander rugby speel nie. Hy verkies om ′n alleenloper te wees. Hy wil nie deel van ′n groep wees nie. Eckardt lees byvoorbeeld ander leesstof as die res van die Graad 12’s en tydens die koshuisbraai sit hy alleen en eenkant.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Neom greg se karaktereienskappe met bewyse.

A
  • Greg is ′n leier met leierseienskappe.: Hy is die hoofseun van Lawson Kollege.
  • Hy is ′n kranige sportman.: Hy speel vleuel vir die eerste rugbyspan.
  • Greg vaar aanvanklik akademies goed : Sy pa verwag 9 onderskeidings van hom aan die einde van die jaar.
  • Hy het nog nie sy broer se dood verwerk nie.: Sy pa het hom verbied om oor sy broer se dood te treur.
  • Greg het ′n vrees vir die dood.: John pleeg selfdood en dit het ′n invloed op hoe Greg Eckardt se verdwyning hanteer.
  • Hy het aanvanklik ′n sterk verantwoordelikheidsin.: Hy aanvaar aanspreeklikheid vir die welstand van die Trappers (die nuwe graad 8-leerders) tydens hulle inlywingseremonie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly