Hoe word die storie vertel Flashcards

1
Q

In die roman, onderwêreld, het die titel verskeie verwysingsmoontlikhede.
Dit kan onder andere verwys na:

A
  • die onderwêreld van kuberkrakery,
  • onwettige bedrywighede soos korrupsie,
  • die wêreld van die volwassewordende tiener in ′n streng skoolmilieu vol
    reëls en
  • geldmag en vrees vir die onbekendheid en finaliteit van die dood.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Die titel onderwêreld het baie betekenismoontlikhede:

A
  • Die romantitel skep ’n verwagting by die leser dat hy / sy kennis gaan
    maak met ’n buitengewone wêreld.
  • Dit verwys ook na ′n onderwêreld van donker geheime en spanning.
  • Die titel verwys na ‘n fisiese onderwêreld - die tonnels onder die
    skoolgrond
  • Daar is ‘n onderwêreld van klubs, dwelms en seks waaraan die
    tieners in die roman blootgestel word.
  • In die mitologie verwys “onderwêreld na die ryk van die dooies, ‘n
    donker onaardse gebied.

Verskillende betekenisse van “onderwêreld” word in die roman
geaktiveer,maar die belangrikste is die onderwêreld van kuberkrakery
omdat dit ‘n hooftema van Onderwêreld is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Fisiese Ruimte (3)

A
  • Lawson Kollege met sy imposante geboue en uitgebreide skoolterrein is die
    fisiese ruimtes (dit waarvan ons ′n prentjie kan vorm) waarteen die verhaal
    van onderwêreld afspeel.
  • Die verteller neem ons na die skoolsaal,
    klaskamers, gedenkmuseum, die skoolhoof se kantoor en selfs tot binne in
    die privaat ruimtes van koshuiskamers.
  • Verder is die Drakensberg ook ′n belangrike ruimte met die omliggende
    platteland van KwaZulu-Natal.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Agtergrond as deel van storie (3)

A
  • Die agtergrond waarteen hierdie roman se storie vertel word, is onder andere
    dié van rykmanskole wat onderrig bied vir die kinders van ouers wat baie geld
    en baie invloed het.
  • Die karakters bevind hulle verder teen ′n agtergrond van korrupsie en
    misdaad waar selfs vername mense hulle skuldig maak aan wandade. Die
    leerders staan in hulle matriekjaar op die drumpel om self ook hierdie wêreld
    te betree.
  • Die veelbesproke voëlgriep-epidemie wat Asië, veral Hong Kong,
    in 2003 erg getref het, vorm ook deel van die agtergrond waarteen hierdie
    roman se gebeure afspeel.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Agtergrond en milieu vervul ′n belangrike funksie in enige roman. Van die
belangrikste funksies is die volgende:

A
  • om stemming / atmosfeer / konteks te skep;
  • om die bron van konflik of stryd tussen karakters te wees;
  • om gebeure / handelinge meer realisties te laat voorkom; en
  • om ’n idee / tema te simboliseer.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Bespreek die chronologie van die verhaal

A

Die chronologie van die verhaal word verbreek deur die afwisselende
vertelling van die hede, waarin Eckardt verdwyn en die gevolge daarvan. Die
afwisselende hoofstukke handel oor die verlede (terugflitse) en hoe die
vriendskap tussen Greg en Eckardt groei terwyl Greg se vaardigheid in
kuberkrakery ontwikkel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

n die roman onderwêreld onderskei ons tussen x en y.

A

x: verteltyd
y: vertelde tyd

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Hoe dra tyd by tot spanning in die verhaal

A

Die skrywer gebruik terugflitse in die roman se twee verhaallyne om die
spanning te verhoog. Hy doen dit deur die afwisselende aanbieding van
hoofstukke wat in die hede en verlede afspeel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Bespreek kortliks die 2 verhaallynne

A

Die verhaallyn in die hede is die hoofstukke wat met onewe getalle begin. Die
verhaallyn in die hede strek oor ongeveer 8 dae. Die gebeure in hierdie
hoofstukke fokus op Greg se soektog na Eckardt wat weggeraak het en Greg
se pogings om Dok Pienaar se wandade aan die kaak te stel.
Al die hoofstuktitels wat met “Log File” aangedui word, is die verhaallyn in die
verlede. Dit is die begin van die matriekjaar en die twee hoofkarakters se
nadere kennismaking. Dit vind plaas deurdat Greg al dieper in die
onderwêreld van kuberkrakery ingesleep word en met sy broer se dood
gekonfronteer word. Die twee verhaallyne ontmoet mekaar in hoofstuk 33.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Voorbeelde van uiterlike konflik in hierdie roman is:

A
  • Die woordewisseling tussen Greg en Eckardt in Jeffreysbaai.
  • Die bakleiery tussen Greg en Eckardt in Clarens.
  • Greg argumenteer met Dok Pienaar oor Eckardt se verdwyning.
  • Greg argumenteer met sy pa oor sy hoë verwagtinge van hom.
  • Greg en Kwanele kom nie goed oor die weg nie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Voorbeelde van Greg se innerlike konflik is:

A
  • Die druk wat Greg se pa op hom plaas om te presteer.
  • Greg ervaar diep emosies oor sy broer se selfdood.
  • Hy voel skuldig teenoor sy ma en Nicole omdat hy hulle afskeep.
  • Hy voel ook skuldig oor sy toenemende kuberkrakery, die leuenswat hy vertel, die skynlewe wat hy leef en sy gebrek aanbelangstelling in skoolaktiwiteite.
  • Aan die einde kom hy voor die keuse te staan of hy Dok Pienaar aan die polisie moet uitlewer en hoe hy teenoor sy pa moet optree.
  • Eckardt se sterk emosies na sy pa se dood.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

hoe ondersteun die struktuur an die verhaal een van die hooftemas in die boek

A

Die interessantheid van hierdie roman is dat die struktuur (die
aanmekaarsit) van die storie aanpas by die proses van ′n rekenaar se
aan- en afskakel. Aangesien die intrige grootliks op die proses van
kuberkrakery fokus en ′n rekenaar die instrument is waarmee
kuberkrakery gepleeg word, is hierdie aan- en afskakel-struktuur van
onderwêreld baie effektief.
Die verhaal word geskryf soos wat ′n mens op ′n rekenaar en sy
rekenaarprogramme werk: aan die begin van die boek is die proloog as’t
ware die aanskakel van die rekenaar. Die hoofstukke wat volg dien as die
verskillende lêers waarop met inligting gewerk word en gestoor word en
aan die einde (die epilooog) word die rekenaar afgeskakel.
Die onewe getal-hoofstukke speel af in die hede: dit word met ′n <h>
aangedui en hanteer die geheimsinnige verdwyning van Eckardt se
verdwyning en Greg se pogings om hom op te spoor.
Die ewe getal-hoofstukke speel af in die verlede: hierdie hoofstukke word
met <h> Log File aangedui en hanteer die gebeure waar Eckardt vir Greg
as kuberkraker oplei.
Hierdie twee storielyne loop uiteindelik in Hoofstuk 33 (“Eggo’s”) saam.</h></h>

Die struktuur wat gebaseer is op die proses van n rekenaar aan en af sit slaag daarin om die hooftema van kuberkrakery en die rekenaarwereld te ondersteun.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

wat is die hooftema in onderwereld

A

. Die hooftema van die jeugroman is kuberkrakery van die rekenaarwêreld, sosiale manipulasie en die bevraagtekening van gesagsverhoudings.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Noem drie subtemas van Onderwereld

A

Verlies
plaasvervangerskap
protes

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

In onderwêreld kan ′n leser waarskynlik een van die volgende boodskappe
(lewenslesse) aflei:

A
  • wat soms na pynlike probleme lyk, kan geleenthede vir selfinsig en ontwikkelingwees.
  • tieners mag ongerymdhede van volwassenes aanmeld.
  • selfdood mag na ′n oplossing lyk, maar los baie probleme vir die wat agterbly.
  • moenie deelneem aan die wêreld van misdaad nie.
  • moenie verlei word om deel te neem aan die wêreld van kuberkrakery nie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Noem die motiewe wat in onderwereld voorkom

A

Lig en donker
Onderwêrelde
Rituele/gebruike
Eggo’s
Rykdom en armoede
Voëlgriep

17
Q

Neom en bespreek kortliks die styl van die roman

A

Aangesien onderwêreld kwessies aanspreek waarmee ′n leser elke dag kennis maak, is
die styl in hierdie roman realisties sodat die leser deur middel van beelde en taalgebruik
hierdie verhaal se gebeure as aktueel kan herken en hom/haar daarmee sal kan
identifiseer.

18
Q

B

Bespreek kortliks die verteller in die roman

A

In onderwêreld is Greg Owen, die hoofseun van Lawson Kollege, die
eerstepersoonsverteller/ek-verteller en die leser ervaar die intrige (alles wat
gebeur) vanuit sy oogpunt en sy ervarings. Hy is ′n interne verteller, want hy
vorm deel van die verhaal en is een van die karakters wat self betrokke is by
die handeling en vir ons die verhaal vertel.