Styl, toon, stemming, verteller Flashcards

1
Q

Wat beteken toon en stemming eintlik?

A

Toon en stemming is die atmosfeer of emosie wat in die roman heers

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat is die deurgaanse atmosfeer van die roman? Heokom?

A

Die atmosfeer is deurgaans gespanne.
Greg en alles wat oor
sy pad kom, maak die leser deel daarvan. Eckardt se verdwyning en die onsekerheid
oor wat van hom geword het, verhoog hierdie gespanne atmosfeer verder.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Waneer is daar n ** onderliggende spanning**?

A

Daar is ook onderliggende spanning wanneer Greg se broer, John, ter sprake kom.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Waneer is daar n ** depressiewe atmosfeer** ?

A

Daar is met tye ′n depressiewe atmosfeer, soos wanneer John, Nicole en Eckardt se depressiewe gemoedstoestande geïmpliseer word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Waneer is daar n ** vrolike atmosfeer** ?

A

Soms is daar wel ′n vrolike atmosfeer byvoorbeeld die aand van die koshuisbraai na die skool se rugby-oorwinning.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Waneer is daar n ** ligte en humoristiese oomblikke** ?

A

Aangesien die ander koshuisseuns nie werklik by die spanning tussen Greg en Eckardt betrokke is nie, is daar ook ligte en humoristiese oomblikke in die roman teenwoordig. Plank en TJ maak byvoorbeeld humoristiese opmerkings oor die voëlgriep.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Waneer is daar n stemming van ** vrees ** ?

A

In die Proloog word ′n stemming van vrees aangetref wanneer Eckardt na die
studeerkamer stap en dink: “Dit is waar die vrees begin.”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Waneer is daar n stemming van **chaos ** ?

A

In Hoofstuk 1 Sluimerende grys selle, Polyfilla en ringtones word chaos
aangetref wanneer Greg verslaap en laat is vir skool.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Waneer is daar n stemming van ** opwinding en afwagting ** ?

A

Hoofstuk 2 Die dag voor die laaste skooljaar begin, skep ′n stemming van
opwinding en afwagting. “My laaste skooljaar het aangebreek. Jy dink dit
kom nooit nie.”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Waneer is daar n stemming van **onsekerheid ** ?

A

Hoofstuk 3 Boeke en Boggom skep ′n stemming van onsekerheid omdat
Eckardt verdwyn en niemand weet wat van hom geword het nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Waneer is daar n stemming van **opwinding en vrees ** ?

A

In Hoofstuk 4 Die Tonnel heers ′n stemming van opwinding (die matriekseuns
by die Tonnel-ritueel) en vrees by die Trappers, “vanaand gaan jy bid dat jy die
Tonnel oorleef.”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Waneer is daar n stemming van ** agterdog ** ?

A

In Hoofstuk 9 Sleeping beauty kry dinge aan die roer, beleef Greg agterdog
wanneer hy Nicole van Eckardt se verdwyning vertel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Waneer is daar n stemming van ** ** ?

A

In Hoofstuk 20 Surfer dudes of surfer duds? heers ′n seksuele stemming
wanneer Greg vir Nicole belowe: “En dan is dit net ek en jy. Alleen. En later,
dalk, op die strand …”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Noem al die emosies en stemminge wat deur die toon en stemming in die drama geskep word.

A
  • gespanne atmosfeer
  • onderliggende spanning
  • Depressiewe atmosfeer
  • vrolike atmosfeer
  • ligte en humoristiese oomblike
  • vrees
  • chaos
  • opwinding en afwagting
  • onsekerhied
  • opwinding en vrees
  • agterdog
  • seksuele atmosfeer
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wat is iets wat die verteller in die roman n groot invloed op kan he?

A

Die toon en stemming wat in die roman heers.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Watter tipe verteller in die roman teenwoordig?

A

eerstepersoonverteller

17
Q

Wie is die verteller in die roman? Bespreek kortlikss.

A

In onderwêreld is Greg Owen, die hoofseun van Lawson Kollege, die
eerstepersoonsverteller/ek-verteller en die leser ervaar die intrige (alles wat
gebeur) vanuit sy oogpunt en sy ervarings. Hy is ′n interne verteller, want hy
vorm deel van die verhaal en is een van die karakters wat self betrokke is by
die handeling en vir ons die verhaal vertel.

18
Q

Nadele van Greg as eerstepersoonsverteller:

A
  • As eerstepersoons-/ek-verteller kan Greg net vertel van dinge wat hy weet, waarneem en voel (“Die skril gelui van die selfoon bars by my ore in en ontplof binne-in my benewelde brein.”)
  • Hy kan slegs ander karakters en hulle uiterlike handelinge waarneem, daarom kan hy nie die gevoelens en denke van die ander karakters gee nie.
  • Hy is ook gebonde aan tyd en plek en dit beteken dat hy nie weet wat in die toekoms gaan gebeur nie. Hy weet wat in die verlede gebeur het en hy beleef sy hede.
19
Q

voordele van Greg as eerstepersoonsverteller:

A
  • Die leser leer Greg se emosies en gevoelens ken.
  • Greg gee vir die leser sy eie ervarings rondom gebeure in die verhaal. Hy is soos ’n ooggetuie.
  • Greg is subjektief betrokke by alle handelinge; daarom vervul hy die funksie van ′n geloofwaardige verteller wat die gebeure eerstehands aan die leser bring.
  • ′n Eerstepersoons-/ek-verteller is egter die beste soort verteller wanneer ′n skrywer ′n karakter se emosies en gevoelens wil beskryf.
  • Aangesien emosies ′n belangrike tema in hierdie roman is, kan ′n leser argumenteer dat die eerstepersoons-/ek-verteller ′n gepaste vertellersperspektief in onderwêreld is.
  • ′n Leser kan dus ook makliker met die hoofkarakter identifiseer wanneer ′n eerstepersoonsverteller aan die woord is.
20
Q

In onderwêreld tree die ek-verteller (eerstepersoonsverteller) ook dikwels as (wat?) op.
Bespreek

A
  • fokalisator
  • In onderwêreld tree die ek-verteller (eerstepersoonsverteller) ook dikwels as fokalisator op. Ons tref partykeer in die verhaal aan dat daar
  • `n verskil is tussen die persoon wat in die verhaal sien (fokus = fokalisator) en die persoon wat die verhaal vertel (spreker/verteller). Hulle kan soms dieselfde persoon wees, maar nie altyd nie.
  • Greg neem soms op sekere maniere dinge waar (kyk daarna) – dan tree hy op as fokalisator en lei hy die leser om sekere afleidings te maak omdat die leser vanuit Greg (fokalisator) se oë na dingekyk en sý siening of standpunt oor ′n saak of karakter of gebeure gegee word.