Kritiese Taalbewustheid Flashcards

1
Q

Watter belangrike taal begrippe kom voor in die roman?

A

Ironie
Manipulerende taal
Stereotipering
Vooroordeel
Aanname
Geïmpliseerde betekenis

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Bespreek die **ironie **wat in die drama voorkom.

A
  • Greg som Eckardt as ′n moeilikheidmaker op. Op die oog af lyk dit of Eckardt ′n alleenloper is wat ′n vyandige gesindheid teenoor die samelewing het, maar hy soek groter moeilikheid om Greg na die onderwêreld van kuberkraak te verlei.
  • Eckardt bied vir Greg ′n bier aan en hy aanvaar dit, maar hy is diehoofseun en dit is teen die skoolreëls.
  • Eckardt is ′n nuweling by die skool, maar word Greg se mentor, hy is diegids wat hom die onderwêreld van kuberkrakery binnelei.
  • Dit is ironies dat die drie sakemanne, Dr. Pienaar, meneer Owen en diedoktor, ′n kleuterrympie gebruik as kode vir hulle bose projek. ′n Mensassosieer ′n kleuterrympie met onskuld, maar hierdie projek het die potensiaal om baie lewens te eis.
  • Greg vra vir Eckardt om hom te leer van kuberkrakery en Eckardt maak asof hy daaroor dink of hy hom sal leer, maar dit is presies wat hy beplan om te doen.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Bespreek die manipulerende taal wat in die roman voorkom.

A

Eckardt manipuleer Emily om haar persoonlike besonderhede vir hom te gee soos haar van, geboortedatum en wagwoord van haar selfoon.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Bespreek die stereotipering wat in die roman voorkom.

A
  • ′n Ryk vrou is baie gelukkig. Greg se ma is die mediamagnaat se vrou, maar sielsongelukkig omdat sy eensaam is. Greg se ma het hom by die koshuis afgelaai die dag voordat die skool begin het, hom help uitpak en teruggery Johannesburg toe waar sy alleen gaan wees.
  • ′n Vrou moet onderdanig wees aan haar man. Die stereotipe word duidelik in die verhouding tussen Greg se pa en sy ma. Wanneer Greg se pa hom maan om “ruggraat!” te kry, staan sy ma op en loop. Greg se ma sê vir hom tydens ′n telefoongesprek: “Ek bly maar uit sy pad. Ek het mos nou al geleer wanneer om terug te staan. Dis net … partykeer wil mens iemand hê om mee te gesels.”
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Bespreek die vooroordeel wat in die roman voorkom.

A
  • Volgens Greg is daar ′n waglys om by Lawson Kollege in te kom. Die meerderheid name kwalifiseer nie vir die “ongeskrewe kriteria” nie, maar is daar om “ongewenste elemente” uit te hou.
  • Greg sien Tom, die terreinbestuurder, nie as sy en sy familie se soort mense nie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Bespreek die aanname wat in die roman voorkom.

A

Greg se pa neem aan dat hy die skoolhoof se gesag ondermyn het en gee hom nie kans om te verduidelik nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Bespreek die Geïmpliseerde betekenis wat in die roman voorkom.

A

Die eerste toets in kuberkrakery wat Greg doen, is “The idiot test”. Dit
impliseer dat jy ′n idioot is as jy nie die basiese toets slaag nie.
Inspekteur Cele vra vir Greg “… was daar ooit iets meer tusen jou en
Eckardt as vriendskap?”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly