Sw - Erfenis 2 Flashcards
Wat is inheemse mense
Mense met ‘n lang geskiedenis in ‘n land
Wie was die eerste inboorlinge in die Oos-Kaap?
San en Khoi
Wanneer het die Afrika boere in die Oos-Kaap gearriveer?
800 nC
Wat noem ons die tiepe medisyne en geneeskunde wat die Afrika boere en Khoisan gebruik het?
Inheemse medisyne
Watter medisyne en geneeskunde het die Europeërs in die 17de eeu saam gebring na SA?
Westerse medisyne
Gee die naam van die wilde plant wat op die wapenskild van die Oos-Kaap voorkom.
Aalwyn
Watter deel van fie aalwyn plant word vir medisyne gebruik?
Die hars of sap van die blaar
Watter genesende eienskappe het die aalwyn plant?
Maagkramp verligting
Snye en brandwonde genees
Wat kan gebruik word om die vel sag te hou?
Sap van die aalwyn blaar
Waarom het Setswana-boere mure van klip nie hout nie gebou?
Hulle wou nie die hout uit hul omgewing opgebruik nie.
Hoe help klipmure die argeoloë om die leefwyse van die setswana-boere te bestudeer?
Deur aan te dui waar hul gebly het.
Definieer argitektuur.
Argitektuur is die manier waarop geboue ontwerp en gebou word.
Waar was ‘n groot Setswana nedersetting lank gelede?
Kaditswene in Noordwes provinsie naby Zeerust
Noem ‘n blom in Mpumalanga wat deel is van ons natuurlike erfenis
Baberton-Madeliefie
Wat is die oudste berg in die wêreld?
Makhonjwaberge in Baberton Mpumalanga
Waarom moet ons na ons natuurlike erfenis omsien?
Sodat ons nageslag dit ook kan sien.
Watter inheemse kennisstelsels leer jy van?
Inheemse Afrika boere glo hul voorvaders lewe in berge, riviere, klippe en bome
Wat beteken Drakensberge in Afrikaans?
Die berg van drake
Wat is ‘n erfenisterrein
Plekke wat uitgesonder word om onthou te word.
Wat word die Drakensberge in Zoeloe genoem? Wat beteken dit?
Ukhahlamba
Versperring van spiese
Watter park is in 2000 as wêrelderfenisterrein verklaar?
Ukhahlamba-Drakensberg park
Wat is ‘n wêrelderfenisterrein?
‘n Gebied wat deur alle lande as erfenisterrein gesien word.
Wat kom voor in die Drakensberg park?
Duisende san rotstekeninge
Watter dier kom die meeste voor in rotskuns?
Eland
Hoekom kom die eland so baie voor en in soveel meer detail?
Omdat die eland ‘n belangrike simbool van mag was en ‘n spesiale plek in die harte van die san mense gehad het.