Hoofstuk 5, Weer Klimaat En Plantegroei Flashcards
Wat is ‘n anemometer?
Instrument wat gebruik word om windspoed te meet.
Wat is Wind?
Bewegende lug
Wat is Knope?
Een seemyl per uur
Wat is temperatuur?
Hie warm of hoe koud iets is.
Wat is n termometer?
Die instrument wat gebruik word om temperatuur te meet.
Waaruit bestaan wolke?
Versameling baie klein waterdruppels of yskristalle
Wat is die weersimbool vir wolkbedekking?
Sirkel
Wat word als ingesluit wanneer ons van die weer praat?
Temperatuur
Wind
Wolkbedekking
Reënval
Hoe voel die temperatuur op ‘n dag wat nie koud of warm is nie?
Gematig
Wanneer is die laagste temperatuur?
Net na sonsopkoms
Wanneer is die hoogste temperatuur gewoonlik?
Net na die middel van die dag, 12:00
Waarin word temperatuur gemeet?
Grade Celsius
Wat is die vriespunt van water?
0 grade Celsius
Hoe ontstaan wind?
Warm lug styg op en koue lug vul die plek daarvan.
Hoekom beweeg lug?
Lug beweeg omdat die temperatuur van die lug verskil.
Waarmee word windrigting aangedui?
Weerhaan
Windkous
Waarmee word windspoed gemeet?
Anemometer
Hoe word wind benoem?
Volgens die rigting waaruit dit waai.
Wat noem ons die water in die lug wat ons nie kan sien nie?
Waterdamp
Hoe vorm wolke?
- warm lug styg op en koel af
- waterdamp kondenseer, dit word vloeistof
- wat aan klein stofdeeltjies in die lug vassit
- en druppels vorm
- wanneer biljoene druppels bymekaar kom vorm dit wolke
Wat is die weersimbool vir wolke?
Sirkel
Hoe lyk die simbool vir helder lug?
Skoon sirkel
Hoe lyk die simbool vir bewolkte lug?
Heeltemal swart sirkel
Wat is reën?
Die water druppels wat uit die atmosfeer val.
Hoekom is reën so belangrik?
Want alle lewende dinge is van reën afhnklik om te leef.
Waarvoor is reën nodig?
Plante En diere om te groei
Lug skoon maak
Grond skoonwas
Waarmee word reën gemeet?
Reënmeter
Waarin word reën gemeet?
Millimeter.
Wat is atmosfeer?
Die lug wat die aarde omring
Wat is neerslag?
Wanneer water in vloeistof of soliede vorm uit die atmosfee val.
Hoe vorm sneeu?
Klein druppeltjies water kom in die wolke bymekaar en vorm wolke. Sneeu vorm wanneer dit so koud is dat die druppels vries en klein stukkies yskristalle aan mekaar vassit.
Hoe vorm hael?
Hael vorm wanneer balletjies ys voortdurend in die kouer dele van die atmosfeer opgetrek word.
Soos die ys opstyg, sit meer water daaraan vas en vries in groter balletjies.
Uiteindelik word dit swaar en val op die grond as haelkorrels.
Hoe beïnvloed die weer mense se lewens?
Kleredrag
Werk wat hul doen
Sport waaraan hul deelneem
Hoe die huise lyk
Hoe beïnvloed die weer SA se landbou?
Gematigde temperatuur beteken ons kan verskillende soorte gewasse verbou en verskeidenheid diere aanhou.
Hoe beïnvloed die weer ons huise?
Warm lande - wit / ligte kleur huise
Koue dele - huise op stelte om van koue te beskerm
Hoe beïnvloed die weer die klere wat ons aantrek?
Warm dae - ligte klere
Koue dae - warm klere
Reenjas en sambreel as dit reen
Hoe beiïnvloed die weer watter sport en ontspanning mense beoefen?
Warm weer in SA beteken ons kan baie sporte speel, behalwe sneeu sport omdat dit nie baie sneeu nie.
Wat beteken seisoenaal?
Verander met die seisoene
Wat beteken veranderlik?
Verander gedurig
Wat beteken jaarliks?
Elke jaar
Wat beteken verspreiding?
Voorkoms
Beskryf Suid Afrika se reënval
Dis seisoenaal en veranderlik
Reen net in die somer of winter
Klein strool langs die noord-oos en suidkus reen dit reg deur die jaar.
Wat is klimaat?
Die langtermyn weerstoestande van ‘n plek.
Waardeur word klimaat bepaal?
Temperatuur
Reenval
Windrigting
Seisoene
Wat beteken gematigde?
Matig, sag, nie uiterstes nie
Wat is die algemene klimaat in Suid -Afrika?
Warm, gematigde klimaat met ligtereenval en lang ure sonskyn
Hoeveel klimaat streke het Suid-Afrika?
7
Wat is natuurlike plantegroei?
Plante wat natuurlik in ‘n gebied voorkom
Inheemse plante
Nie deut mense na die gebied gebring nie.
Wat beteken inheems?
Plante wat natuurlik, nog altyd, in die gebied voorkom
Wat word plante genoem wat van ander streke gebring is?
Eksotiese plante
Wat word bome genoem waarvan die blare afval in die winter?
Bladwisselemde bome
Hoe het bome by seisoene aangepas?
Verloor hul blare in die winter en lyk dood.
Noem ‘n voorbeeld van fynbos
Protea
Hoe het die fynbos aangepas by die droë somers van die Wes-Kaap?
Dik, wasagtige blare wat keer dat dit te veel water verloor
Bolle wat kos en water vir die somer maande stoor
Watter boom dra keëls?
Denneboom
Waar kom keël draenee bome voor?
Streke met strawwe winters en baie sneeu.
Hoe het keëldraende bome aangepas by die klimaat?
Die vorm van die boom en naaldvormige blare laat die sneeu teen die boom afgly.
Blare het dik wasagtige lagie wat keer dat hulle vries