Selrespirasie Flashcards
‘n Energieryke molekule wat die energie vir alle lewensprosesse in selle verskaf
ATP
Chemiese reaksies wat plaasvind wanneer groot, komplekse molekules in klein eenvoudige molekules afgebreek word
Kataboliese proses
Wanneer iets gespesialiseer is vir ‘n bepaalde funksie of ‘n besondere omgewing
Aangepas
Soort respirasie wat suurstof nodig het
Aërobiese respirasie
Die apparaat wat gebruik kan word om die uitwerking van verskillende faktore op die tempo van aërobiese respirasie te ondersoek
Respirometer
Die tempo waarteen al die chemiese reaksies in die liggaamselle plaasvind
Metaboliese tempo
Soort respirasie wat in die afwesigheid van suurstof plaasvind
Anaërobiese respirasie
Die eerste stadium van aërobiese respirasie; dit gebeur in die sitoplasma
Glikolise
Die tweede stadium van aërobiese respirasie; dit gebeur in die mitochondria
Krebs-siklus
Die derde en laaste stadium van aërobiese respirasie; dit gebeur in die mitochondria
Oksidatiewe fosforilasie
Dier wat ‘n konstante ligaamstemperatuur handhaaf ten spyte van die buite-temperature
Endotermiese dier
Soort anaërobiese respirasie wat in plante plaasvind en wat alkohol as een van die eindprodukte het
Alkoholiese fermentasie
Tipe anaërobiese respirasie wat in diere plaasvind
Melksuur-fermentasie
Die addisionele hoeveelheid suurstof wat die liggaam na oefening nodig het om van die melksuur in die spiere ontslae te raak
Suurstofskuld
Die industriële gebruik van lewende organismes om kos en ander produkte te vervaardig
Biotegnologie