Diervoeding Flashcards
Organisme wat kos deur fotosintese produseer
Outotroof
Chemiese stowwe wat deur organismes benodig word vir lewe en groei
Voedingstowwe
Die gewone kos of drank van ‘n dier of ‘n mens
Dieet
‘n Dier wat vleisetend is
Karnivoor
‘n Organisme wat nie sy eie kos kan produseer nie
Heterotroof
Wanneer dit wat ons eet en drink ons van al die voedingstowwe voorsien wat ons nodig het om gesond te bly
Gebalanseerde dieet
Die proses waarvolgens kos ingeneem word
Ingestie
Die afbreek van groter molekules in kleiner molekules
Spysvertering
‘n Proses waardeur molekules deur die wand van die dunderm in die bloedvate in beweeg
Absorpsie
Opname van voedingstowwe vir gebruik in die sel
Assimilasie
Die uitskeiding van voedingstowwe wat nie geabsorbeer is uit die spysverteringstelsel nie
Egestie
Die tipe, aantal en rangskikking van tande in ‘n dier se mond
Gebit
‘n Proteïen wat chemiese reaksies soosvertering of fotosintese verhaas en beheer
Ensiem
‘n Stof wat deur ‘n klier of orgaan van die liggaam geproduseer word en wat deur die bloedstroom reis om ander organe en weefsels te beïnvloed
Hormoon
Die afbreek van oortollige aminosure deur die lewer
Deaminasie
Biologiese naam vir kou
Mastikasie
Die verwydering van giwwe en toksiene in die lewer
Ontgifting
Die handhawing van ‘n konstante interne omgewing in ‘n mens of dier
Homeostase
Om ‘n bestanddeel bv. hormone en speeksel te produseer en in bloed vry te laat vir verspreiding deur die liggaam
Afskei
‘n Toestand wat plaasvind wanneer ons dieet nie die liggaam van al die voedingstowwe wat nodig is om gesond te bly, voorsien nie
Wanvoeding
Die energie wat ons nodig het om lewensprosesse aan die gang te hou tydens rus
Basale metaboliese tempo
‘n Persoon wat ‘n misdaad pleeg
Oortreder