Fotosintese Flashcards
Die proses wat in alle groen plante plaasvind om voedsel te maak
Fotosintese
‘n Stof wat kleur het
Pigment
‘n Chemiese stof wat chemiese reaksies versnel sonder om self te verander
Ensiem
‘n Chemiese reaksie wat plaasvind wanneer klein, eenvoudige molekules tot groot komplekse molekules opgebou word
Anaboliese proses
Om ‘n komplekse stof uit eenvoudiger stowwe te vorm
Sintetiseer
Proses waartydens selle glukose-molekules afbreek om energie vry te stel wat deur selle gebruik kan word
Selrespirasie
Reaksies vinniger te laat plaasvind
Kataliseer
Temperatuur waarteen iets die beste werk
Optimum
Om die struktuur van proteïene soos ensieme onomkeerbaar te verander
Denatueer
Die lig-afhanklike stadium van fotosintese wat in die grana van chloroplaste plaasvind
Ligfase
‘n Belangrike draer van energie in die sel
ATP (Adenosien Trifosfaat)
Die vloeistof binne-in chloroplaste
Stroma
Die ander naam vir huidmondjies
Stoma/Stomata
Die lig-onafhanklike stadium van fotosintese wat in die stroma van die chloroplaste plaasvind
Donkerfase
Met kolle verskillende kleure op iets soos ‘n blaar
Veelkleurig
Die faktore wat die tempo of koers van ‘n proses (soos fotosintese) beperk (voorkom n toename daarvan)
Grensfaktore
In ‘n plant verwys dit na hoeveel ekstra droë massa dit met verloop van tyd bygekry het
Produktiwiteit
Om ‘n fosfaatgroep by ‘n molekule te voeg
Fosforileer
Die vermoë van ‘n lewende organisme om deur middel van ‘n chemiese reaksie lig te produseer
Bioluminessensie
Om ‘n fosfaatgroep uit ‘n molekule te verwyder
Defosforileer