Bevolkingsekologie Flashcards
‘n Groep organismes van dieselfde spesie wat ‘n bepaalde gebied op ‘n spesifieke tyd beset en wat met mekaar kan teel
Bevolking/populasie
‘n Groep nouverwante organismes wat kan kruisteel en ‘n vrugbare nageslag kan hê
Spesie
Die plek waar ń plant of dier lewe
Habitat
ń Steekproef wat nie doelbeeus gekies word nie, maar gekies is deur toeval en daarom ń gelyke kans het om gekies te word
Ewekansige steekproef
ń Gemeenskap van lewende dinge en hulle verhouding tot mekaar en tot die omgewing
Ekosisteem
Al die plante en diere wat in ń bepaalde gebied voorkom
Gemeenskap
Faktor wat die bevolkingsgroeikoers beperk
Beperkende faktor
Die maksimum aantal individue van ń bevolking wat ń ekosisteem ń onbepaalfe tyd lank kan onderhou
Drakapasiteit
Faktor wat ń groter uitwerking op ń bevolking het as die bevolking toeneem
Digtheids-afhanklike faktor
Die gesamentlike uitwerking van al die beperkende faktore wat die groei van ń bevolking beperk
Omgewingsweerstand
Die soort bevolkingsgroeipatroon wat ń S-vormige groeikurwe vertoon
Logistiese groeikurwe
Op en af beweeg
Fluktueer
Die verskeidenheid soorte lewende organismes wat op aarde leef
Biodiversiteit
Faktor wat dieselfde uitwerking op ń bevolking het, ongeag die grootte of digtheid daarvan
Digtheids-onafhanklike faktor
Die soort bevolkingsgroeipatroon wat ń J-vormige groeikurwe toon
Eksponensiële groei
Wanneer twee bevolkings mekaar reguleer bv. die roofdier-prooi-verhouding
Negatiewe terugvoermeganisme
Dit beskryf ń plant- of dierespesie wat nie meer bestaan nie, omdat almal gesterf het
Uitgesterf