Proefeksamen 1 Flashcards
Wat is ‘n palindroom?
‘n Palindroom is ‘n woord of ‘n sin wat vorentoe en agtertoe presies dieselfde lees.
Verklaar die betekenis van die palindroom wat Xander vir Greg stuur.
Was ook die sondes af, nie net die gesig nie.
Wat is die implikasie van die palindroom wat Xander vir Greg stuur?
Dat Greg selfondersoek moet doen. Xander wil hê Greg moet sy sondes bely
Watter verband is daar tussen dié handeling waar Xander sy hande in die kanaal was en die palindroom wat hy vir Greg gestuur het?
Xander het bloed (die Baker s’n) aan sy hande en hy was simbolies die bloed van sy hande af. Toe hy wraak geneem het en die Baker skiet, het hy sonde gedoen en net soos die Baker geraak. Hy moes dus figuurlik sy sonde af was.
Dirk Schutte sê Greg se situasie is soos die Gordiaanse knoop. Verduidelik kortliks wat ‘n Gordiaanse knoop is.
Dit is ‘n tou wat so styf vasgeknoop is dat niemand weet hoe om dit los te maak nie. Niemand weet waar die tou begin of eindig nie. Baie mense gaan die knoop probeer losmaak, maar baie min gaan daarin slaag. Dit verwys na ‘n moeilike saak wat net met kragtige maatreëls opgelos kan word.
Die beeld (konnotasie) van Xander as Alexander die Grote wat die Gordiaanse knoop stukkend kap is funksioneel. Motiveer die stelling.
Dit is funksioneel want Xander net soos Alexander die Grote is in staat om moeilike take op te los en ‘n oorwinning oor die Baker te behaal.
Wat is die ander naam vir die Basilica Cistern?
Die Versonke Paleis.
Waarom is die ander naam gepas?
Dit was voorheen ‘n waterreservoir en daar is ‘n ondergrondse katedraal.
Slange is ’n deurlopende motief in die verhaal. Wat is die funksie van die Medusa-kop in hoofstuk 29?
Die Medusa-kop skep ‘n onheilspellende atmosfeer.
Wat noem die Basilica Cistern inligtingsbord oor die mite van Medusa?
Medusa was een van die onderwêreldse Gorgondiese susters. Mense wat na haar gekyk het, het in klip verander. Afbeeldings van haar is in geboue geplaas om boosheid weg te hou.
Volgens die mite was Medusa eintlik ’n onskuldige slagoffer van die woede van Athena. Noem twee onskuldige slagoffers van die Baker.
Tom, Xander en Greg.
Aan wie word Prometheus metafories gelykgestel?
Xander
Xander sien homself as die “goeie ou”. Net soos Prometheus iets goeds vir die mense gedoen het, wou Xander iets goeds vir sy gesin doen. Noem twee goeie goed wat Xander wou doen.
- Hy wou sy pa se dood wreek.
- Daarmee sou hy ook die mense van ’n dodelike virus red, maar dit was nie sy hoofdoel nie.
Xander gaan egter verkeerd te werk wanneer hy probeer om sy gesin te help. Verduidelik hierdie stelling.
Hy probeer goed doen deur kwaad te doen – hy vernietig Greg se gesin deur sy wraakaanval en ontmasker die “onheilige drie eenheid” van Project Nursery Rhyme.
Xander het vir Greg en sy ma onnodig by die saak betrek. Die berou vreet aan hom soos die arend wat elke dag Prometheus se lewer gevreet het. Wat doen Zander om te vergoed vir wat hy aan Greg gedoen het?
Xander wil vir Greg help om die Baker te vind (op te spoor).
Waarvan is water simbolies?
Water reinig en maak skoon.
Waarvan is slange simbolies?
Slange dui op gevaar, onheil en die bose.
Greg stel die vennote van Project Nursery Rhyme metafories gelyk aan slangkoppe. Is hierdie metafoor geregverdig? Motiveer.
Ja, al die vennote is boos en bedreig mense se lewens. Hulle het beplan om mense dood te maak.
Wat is die betekenis van WEB?
· Dit is die titel van die roman (boek)
· Die donker web op die internet
· “n Figuurlike spinnekopweb
· Die web wat al nouer span om die Baker te vang (vind)
Waarom noem Xander vir Greg, G-4ce?
Dit is Greg se kurberkraker skuilnaam.