Donker Web Toets 2 Flashcards
In watter koshuis was Greg toe hy in Lawson Kollege was?
Huis Da Vinci
Wie het in Greg se plek hoofseun geword?
Kwanele
Watter “unieke ritueel” het die leerlinge by die skool?
Hulle het ‘n spesiale, geheime handdruk as hulle mekaar groet
Wie het Greg kom groet voor hy finaal by Lawton Kollege weg is?
Sy vriend, Plank
Hoe het Greg dit reggekry om matriek te skryf?
Hy het saam met die tuisskool leerders geskryf
Wie is Nicole?
Greg se eks-meisie
Hoe het sy besluit om met haar lewe aan te gaan?
Sy het besluit om ‘n verhouding met ‘n nuwe minnaar te he (Andre Symington)
Hoe bevestig Greg se pa dit wanneer Greg hom in die tronk besoek?
Hy (Chris) se dat Greg se ma hom nog net twee keer in die tronk besoek het
Dink jy hulle was al minaars toe Greg se ma en pa nog saam was?
Ja. Toe Greg wou weet of sy ma en Andre al lank saam slaap, het sy net weggekyk en nie die vraag beantwoord nie
Wat het Greg se ma nie vir hom vertel voordat hy vir die langnaweek daar aangekom het nie”
Sy het nie vir hom gese dat Andre by haar ingetrek het nie (by hul huis in Johannesburg)
Volgens Greg het hy by daardie geleentheid (Toe hy Andre ontmoet) meer van Andre gesien as wat hy graag sou wou. Wat bedoel hy hiermee?
Toe hy Andre die eerste keer sien, het Andre net ‘n slaapbroek aangehad
Verduidelik kortliks wat vensters is
Venster is ‘n tipe straatteater, Die eerstejaars is verantwoordelik vir ‘n kort opvoering van musiek, dans en drama
Verduidelik kortliks wat “die donker dae” is waarna Greg verwys
Die moeilike tye van sy pa se hofsaak en tronkstraf. Die tyd toe Greg Lawson Kollege moes verlaat en as ‘n privaat kandidaat graad 12 skryf. Sy broer se selfdood. Al daardie swaar, donker dae
Wat is die naam van die meisie van wie Plank hou? Gee ‘n kort beskrywing
Lisa. Sy is mooi met ‘n elfiegesig, swart hare en blou oe (Sy swot B. Com)
Watter subtema in die roman word gesuggereer met die kunswerk wat Greg voor die SMAC kunsgalery sien?
Vertroue wat verbreek word/wantroue
** Greg besef dat hy gedurig aan sy pa se optrede herinner sal word. Waar dink jy word daar na “die sondes van die vaders” verwys?
In die Bybel
** Greg besef dat hy gedurig aan sy pa se optrede herinner sal word. Waar dink jy word daar na “die sondes van die vaders” verwys?
In die Bybel
Greg se: “Ons word klone van ons pa’s.” Se in jou eie woorde wat ‘n kloon is.
Dit is ‘n persoon/ ding wat presies net soos iemand/iets anders is
Op watter wyse is Plank ‘n kloon van sy pa?
Hy is in dieselfde koshuis as wat sy pa was - Wilgenhof - om die tradisie voort te sit. “Lyk my ek gaan nooit van my pa onstsnap nie.”
Wat bedoel Greg met hierdie woorde?
Hy bedoel dat sy pa en wat gebeur het, altyd deel van hom sal wees. Hy sal nooit daarvan loskom nie.
Wat was hulle (3 lede van PNR) skuilname en wie was hulle regtig?
- Die Butcher: Doktor Pienaar (Lawson se skoolhoof)
- The Candlestick-maker: Chris Owen (magtige media magnaat. Hy het Turret-media groep besit)
- Die Baker: die een wat weggekom het. Die persoon wat Greg gaan opspoor
Wat weet Greg alles van die Baker?
Hy het kennis van siektes, farmakologie en virologie, hy is baie intelligent, en hy is min of meer so oud soos Greg se Pa
Waarom is Dirk nie meer in die polisie nie?
Hy kon nie meer al die stres hanteer nie
“Het jy geweet iemand hou jou plek dop?” Gee inligting omtrent die persoon.
Dit was iemand op ‘n swart motorfiets. Hy het ‘n leer-baadjie, jeans en ‘n Levi T-hemp gedra. Hy het sy valhelm opgehad en die gesigskerm was verdonker
“Ek wil vir Pa help,” se ek na ‘n ruk
“Ja?”
“Die polisie kon nog nie die Baker opspoor nie.”
Watter plan neem in Greg se kop vorm wanneer hy terugstap na sy blyplek?
Hy gaan die Baker opspoor sodat hy ook gestraf kan word soos sy pa en Doktor Pienaar
Die motoriese moment is die aksie wat die handeling aan die gang sit. Waarom kan gesê word dat die plan wat Greg maak die hele proses aan die gang sit?
Dit is die besluit om die Baker op te spoor, wat werklik die storielyn aan die gang sit. Die besluit het onstellende gevolge en lei ook tot Greg wat uitreik na Xander om hom te help.
Wat offer Dain aan greg? Hoe reageer Greg?
Ritalin. Greg se hy gebruik nie dwelms nie
***** DIe Plek van Hoop en Wanhoop.
Die volgende dag besoek Greg sy pa, Chris Owen, in die Kgosi Mampuru II-gevangenis.
Wat noem mense soms die tronk?
Pretoria Sentraal
Greg se pa is in die C-max afdeling. Hoe weet die leser dat die gevangenis daar as baie gevaarlik beskou word?
Dit is almal gevangenes wat aangekla is van terrorisme, want hulle het mense dood gemaak. Net gevaarlike mense word in C-max aangehou
“Hierdie is ‘n plek waar hoop en wanhoop aan mekaar vasgeketting is.” Verduidelik die betekenis van die sin.
Die gevangenes leef almal in die hoop dat hulle dalk eendag vrygelaat sal word, maar die omstandighede in die tronk is so sleg dat dit wanhoop veroorsaak. Nie een van hulle weet of hulle in die tronk doodgemaak sal word nie.
Wat koop Greg vir sy pa om te eet?
Hy koop hamburgers by McDonald’s
Hoe weet jy dat Greg se ma ook die tronk (en dalk ook haar man) vermy?
Greg se pa se sy was nog net twee maal daar
Hoe reageer Greg se pa wanneer Greg hom vertel van sy planne met die Baker en vra of hy iets oor Valkyrie weet?
Hy weier om hom te help en waarsku hom om op te hou om na Die Baker te soek.
Watter ander bekende gesig sien Greg ook in die besoekershokkies?
Doktor Pienaar – Lawson Kollege se vorige skoolhoof en die persoon wat die Butcher in Project Nursery Rhyme was.
Wat wag vir Greg by sy huis?
Nicole
Wat is haar dogtertjie se naam?
Colette
Is Greg die baba se pa? Verwys na die hoofstukinhoud
Nee, sy vertel vir Greg dat die baba gebore is uit een nag by ‘n partytjie saam met ‘n ou wie se naam sy nie eers onthou nie
“Kom sit”
Gee ‘n beskrywing van die persoon met wie Greg gesels
Dit was ‘n ouerige man, skraal gesig met baie plooie en silwergrys hare
Wat was die persoon se naam en van?
Sebastian Stadler
Die persoon vertel vir Greg van sy jeugjare
Hy het in die Vrystaat grootgeword op ‘n plaas
Waar het hy grootgeword en wat was hulle plaas se naam?
Uitschotkraal
Watter vreemde advies gee die man later die aand vir Greg ?
Hy sê dat Greg moet onthou dat geen mens so goed is soos ander mense sê nie, en geen mens so sleg is soos ander mense sê nie.
My lyf word koud. Asem stol in my keel.” Wat laat Greg so reageer?
Hy het die lyk van Tom in ‘n rivierbedding gesien. Hy is vermoor.
Gee ‘n kort beskrywing van die persoon in die hoodie.
Die persoon het jeans en tekkies aan en ‘n hoodie wat laag oor sy oë getrek is.
Wie, besef Greg later, is die persoon in die hoodie?
Hy besef dit is Xander.
Dirk Schutte sê Greg se situasie is soos die Gordiaanse knoop.
Verduidelik kortlik wat ‘n Gordiaanse knoop is.
Dit is ‘n tou wat so styf vasgeknoop is dat niemand weet hoe om dit los te maak nie. Niemand weet waar die tou begin of eindig nie. Baie mense gaan die knoop probeer losmaak, maar baie min gaan daarin slaag.
Xander stuur ‘n palindroom vir Greg. Wat is ‘n palindroom?
Dit is ‘n sin wat vorentoe en agtertoe presies dieselfde lees.
Wat beteken die palindroom?
Was die sondes af, nie net die gesig nie. (Die implikasie is dat Greg selfondersoek moet doen. Xander wil hê Greg moet sy sondes bely.)
Hoe het Greg uitgevind wat Eckardt se regte naam is? Wat is Eckardt se regte naam en van?
Hy het mediese rekords van Regter Gericke gekuberkraak toe hy meer oor hom wou uitvind. Daar het hy uitgevind dat Eckardt se regte naam Xander Gericke is.
Beskrywing van tronk (p1)
Greg se pa sê hy sit vasgevang in ‘n klein sel wat benoud en neerdrukkend is. Daar is net een venstertjie hoog bo teen die muur en die sel is die kleur van dood en drek geverf. Daar is ‘n plafon van ystertralies waar die wagte dag en nag op jou loop en afkyk. Daar is geen privaatheid nie, en die reuk van lywe bly die hele dag in jou neus.
Kos (p2)
Ontbyt is ‘n waterige pap met ‘n lepel suiker wat jy in jou sel moet eet – nie in die eetsaal nie, want dit is waar die bakleiery begin. Middagete en aandete kry jy gelyk in ‘n roomysbak. Weer pap en opgekookte beesvleis of hoenderreste en kool. Hulle kry ook ‘n katkop - ‘n stuk/homp brood. Dit moet hulle alles hou tot die volgende dag.
Voorkoms (p3)
Sy trotse voorkoms het plek gemaak vir ‘n patetiese figuur. Sy liggaam is geboë en hy het ‘n kniebesering wat hy waarskynlik/moontlik opgedoen het in ‘n aanval op hom. Sy hare is gryser, sy vel is vaal en sy oë is leeg.