Donker Web Flashcards
Dink jy dat die ruimte in SA is?
Nee, die argitektuur van die geboue lyk anders en verskil van die in suid afrika. Dit lyk na ou geboue wat moontlik in Europa (Italië/Venisië) is
Skrywer?
Fanie Viljoen
Waarom is die titel rooi?
Dit dui op gevaar of onheil
Eerste boek?
Onderwêreld
Watter atmosfeer skep die voorblad?
Onheil / onheilspellende / gevaar
Wat beteken die spreekwoord?
wraak kom altyd teen ‘n prys en jy moet voor die tyd seker wees dat jy bereid gaan wees om die prys te betaal. Wraak is ‘n negatiewe aksie wat kan veroorsaak dat jy self ook seerkry
Wie is die persoon op die voorblad?
Xander (Eckardt) Gericke
Wie is die hoofkarakter?
Greg Owen
Flapteks (agterblad). Watter bewyse is daar dat daar terugflitse in die verhaal gaan wees?
Die leser lees dat Greg Owen dood is, die verhaal is dus ‘n terugflits wat inligting gee oor die agtergrond en omstandighede wat tot Greg se “dood” gelei het
Donker web
is die titel van die roman en die web op die internet wat onwettig is
Donker
Boosheid, donker dade, donker ruimtes (tronk), donker karakters (Baker)
Web
spinnekop web
Hoe word die proloog aangedui?
deur die rekenaarterm “Reboot”
Wie is ‘hy’ in die proloog?
Xander Gericke
Benoem die beeldspraak in die volgende: “Dis soos monsters wat die huis binnegekom het”
Vergelyking
Benoem die beeldspraak in die volgende aanhaling: “dit is asof die donker hom opraap”
Personifikasie
Hoe weet jy dat die nuus wat die seun vir sy pa kom vertel het, die pa baie onstel en bang gemaak het?
Xander se pa se reaksie: Hy het skielik haastig geword, sy hande het gebewe, hy het vir Xander aangejaag om te gaan wegkruip
Beskryf kortliks die pa-seun verhouding tussen die regter en sy seun
Hulle het ‘n liefdevolle verhouding, want voor sy pa hom weggestuur het, het hy vir Xander gese dat hy altyd moet onthou dat hy baie lief vir hom is; maak nie saak wat gebeur nie.Sy pa is ook beskermend oor hom en se vir hom om te gaan wegkruip.
Wat is Xander se skuilnaam?
Eckardt
Na wie se moord word op bl. 109 verwys?
Regter Gericke (Xander se pa)
Op watter manier word hy (Regter) doodgemaak?
Hy word met ‘n rubber-binneband versmoor
Wie het voorgestel dat hy so doodgemaak word?
Valkyrie
Proloog en epiloog verteller?
Derdepersoonsverteller
Verteller vir Hoofstuk 1-68?
Eerstepersoonsverteller (Greg)
Tydsverloop in Donker Web?
Chronologies; volgorde van tyd en gebeure volg op mekaar
Wat is intertekstualiteit?
Direkte aanhaling uit ander teks
Watse tipe roman is Donker web?
Ontwikkelingsroman
Hoe sal jy die atmosfeer in die Owen huis beskryf?
Somber en hartseer
Wat het met John gebeur?
John het ‘n oordosis pille gedrink en het selfdood gepleeg
Watter rol het PlusUltraMed in John se dood gespeel?
Hulle het die pille vervaardig waarmee hy selfmoord gepleeg het
Beskryf John se voorkoms
Sterk gebou, blonde hare, blou oe; hy was baie aantreklik en die meisies was gek oor hom
Beskryf John se persoonlikheid
Hy was avontuurlustig en het aan gevaarlike aktiwiteite deelgeneem - hy was onrustig
John is dood, maar iets in die huis het nie verander nie, wat is dit?
John se slaapkamer het onveranderd gebly
Wat het Greg se pa na John se dood gese wat Greg baie seergemaak het?
Hy het gese dat dit eerder Greg moes wees wat gesterf het en nie John nie
Verduidelik waarom H2 se naam “Skree” is
Greg se ma vertel hom dat sy die vensters en deure toemaak en al haar frustrasies hard in die huis uitskree
Wat doen Greg voordat hy vertrek sodat John nie ‘n derde dood sal sterf nie?
Greg neem met sy selfoon ‘n foto van John se foto in die voorportaal sodat hy altyd aan hom kan dink en nooit vergeet nie.
In watter voorstad van Johannesburg is Greg se ouerhuis gelee?
Sandhurst, Johannesburg
By watter universiteit gaan Greg studeer?
Die universiteit van Stellenbosch
Watter tipe konflik ervaar Greg op bladsy 14? “die ou wat sy pa vir die wolwe gevoer het”
Innerlike konflik
” ‘n Mens leer ook uit die wedstryde wat jy verloor het” Evalueer krities waarom hierdie stelling ‘n onderliggende waarheid bevat
‘n Mens kan nie altyd wen nie, maar as jy verloor, leer jy om nie weer dieselfde foute te maak nie
Watter afleiding kan die leser maak wanneer Greg sy oorlede broer groet en hom verbeel dat hy teruggroet?
Die leser kan aflei dat die twee broers baie geheg aan mekaar was en dat hy nie die dood kan aanvaar nie.
Wat wil Greg se ma se: “Onthou, die dinge wat jy inpak is die dinge wat jy saam met jou moet dra”
Greg se ma wil vir hom vertel dat hy die verlede moet vergeet en fokus op die toekoms
Waarom het Eckardt Wilken (Xander Gericke) vir Greg misbruik?
Hy wou wraak neem om Dok en Chris Owen omdat hulle verantwoordelik was vir sy pa, die regter, se dood
Wie was die waarnemende skoolhoof van Lawson Kollege tydens Greg se vertrek?
Thomas Lawson
Greg woon in woonstel nommer 7, wat is die simboliek daarvan?
“7” word as die volmaakte getal gesien (Greg se lewe is volmaak en hy beweeg aan
Wat word geimpliseer deur die Lawson-handdruk wat plank vir Greg gee?
Dit impliseer dat Plank aan hom dink as een van sy Lawsonvriende
Waarna verwys ‘donker dae’
Sy pa se hofsaak/tronkstraf, sy broer se selfood, en dat hy as ‘n privaat kandidaat matriek moes skryf
“En ek is alleen tussen al hierdie mense” Identifiseer die stylfiguur en verduidelik wat geimpliseer word
Paradoks; dit voel vir hom asof hy nie daar hoort nie.
Wat is die naam van die meisie waarin Plank belangstel? Gee ’n kort beskrywing van haar.
Lisa; sy is mooi, het ’n elfiegesig, swart hare en blou oë.
Watter subtema wat in die roman voorkom, word gesuggereer deur die Broken Trust-kunswerk wat Greg voor die SMACkunsgalery sien?
Wantroue / gebreekte vertroue.
Met wie was Greg ook in konflik oor sy pa se wandade?
Die vrou by die gastehuis in
Beaufort-Wes en die student by Vensters
Wat dink jy is die rede waarom Dok en Chris Owen nie die Baker se identiteit wil bekend maak nie?
Hulle weet dalk hoe wreed hy is en dat hy hulle en hul familie sal doodmaak as hulle oor hom praat
Verduidelik waarom die laaste sin van hierdie hoofstuk verwys na die motoriese moment van die roman.
Die motoriese moment is die gebeure wat die handeling aan die gang sit, Greg se besluit om die Baker op te spoor sit die handeling aan die gang.
Noem drie kenmerke wat die Baker volgens Greg kan hê.
Hy het kennis van farmakologie, siektes en virologie.
Hy is ongeveer so oud soos Greg se pa.
Hy is intelligent.
Greg loop oor die houtbrug van die Eersterivier. Watter karakter het vir hom gesê dat jy nie brûe moet verbrand om sy pad in die donker te verlig nie?
Thomas Lawson
Noem twee traumatiese gebeure in die Owen-gesin se lewens wat hulle beroof het van geluk en sorgeloosheid.
Die oudste seun in die gesin, John, het selfdood gepleeg. Chris Owen, die pa in die gesin, is in die tronk.
Wat is die naam van die gevangenis waar Dok en Chris Owen agter tralies gehou word?
Verduidelik waarom hulle juis in hierdie tronk is.
Kgosi Mampuru II-gevangenis. Hulle is aangekla van terrorisme, want hulle het mense doodgemaak en gevaarlike misdadigers word in C-Max aangehou.
Verduidelik die betekenis van die volgende sin: “Dit is ’n plek waar hoop en wanhoop aan mekaar vasgeketting is.”
Die gevangenes hoop om vrygelaat te word, maar die slegte omstandighede in die tronk veroorsaak dat daar wanhoop is, want hulle weet nie of hulle dalk in die tronk doodgemaak sal word nie.
Hoe kontrasteer die voorkoms van Greg se pa op bladsy 76
met sy voorkoms op bladsy 27?
Op bladsy 27 was hy netjies aangetrek in ’n pak klere en ’n das tydens die hofsaak, maar nou het hy ’n tronkoorpak aan en lyk
ouer, maerder en verwaarloos
Waaraan kan hierdie veranderde voorkoms toegeskryf word?
Hy kry swaar in die tronk, eet nie goed nie en slaap nie goed nie.
** “Jy en jou hacker buddy moet my uitlos.”
Wie is Greg se “hacker buddy”?
Xander Gericke.
** Wie het moontlik opdrag gegee vir die boodskap wat aan die binnekant van Greg se skuifdeur geskryf is?
Wat dink Greg het die persoon wat in sy woonstel was gesoek?
Die Baker. Die gebrande boek; enige bewys dat hy na die Baker soek.
Beskryf die man wat met Greg op die balkon gesels. Wat is die man se naam?
Dit is ’n ouerige man met ’n skraal gesig vol plooie en grys hare wat agteroor gekam is. Sebastian Stadler.
Gee twee redes vir die konflik tussen Greg en Thomas Lawson.
Thomas Lawson oordeel Greg se besluit omdat hy Sportwetenskap studeer en nie in ’n besigheidsrigting belangstel nie. Lawson wil vir Greg ’n besigheidsgeleentheid aanbied, maar Greg stel nie daarin belang nie.
Wat is ’n palindroom?
’n Palindroom is ’n woord of ’n sin wat vorentoe en agtertoe presies dieselfde lees.
Greg vertel vir Lisa ’n paar dinge oor Plank. Noem een van die staaltjies wat Greg vir haar vertel.
Hy het ’n selfie sonder ’n hemp vir Greg se ma gestuur.
Watter invloed het Lisa op Plank?
Sy bring Plank se sagte kant na vore.
Waarom word Tom as ’n skim uit die verlede beskou?
Hy het vir Xander in die verlede, in Greg se matriekjaar, gehelp om wraak te neem op die Owens.
** Watter aaklige ontdekking maak Greg die volgende oggend op pad klas toe?
Hy sien Tom se lyk op die rivierbedding van die Eersterivier toe hy oor die houtbrug loop.
**Noem twee waarskuwings wat die Baker aan Greg rig om sy soektog na hom te laat vaar.
Hy ontvang foto’s van sy ma in sy dropbox. Tom se lyk in die Eersterivier.
**Watter een van hierdie waarskuwings ontstel hom die meeste? Motiveer jou antwoord.
Hy is die meeste ontsteld oor die foto’s van sy ma, want hy is in
Stellenbosch en kan haar nie beskerm (protect) nie.
**Waarom wonder Greg of Tom se lyk toevallig op daardie
spesifieke plek agtergelaat is?
Hy stap elke dag oor die brug en daar is ’n man op ’n motorfiets wat hom gereeld dophou en bewus is van sy bewegings.
**Wie dink Greg het vir hom die boodskap gestuur om hom te ontmoet by die inligtingsentrum in Markstraat? (p. 119)
Hy dink dat die boodskap van Xander af kom.
**Bestudeer die taalgebruik van die gevangenes in die aanhoudingselle op bladsy 121 en 122.
Watter tipe taal praat hulle? Wat kan jy daaruit aflei?
Hulle praat Kaapse Afrikaans gemeng met bendetaal. Dit dui op hul bendeagtergrond
**Hoe is dit moontlik dat die persoon in die aanhoudingselle vir Greg op sy naam aanspreek al ken hy hom nie? Motiveer jou antwoord.
Die Baker het met die persoon ooreengekom om die boodskap vir Greg te gee.
Noem 4 voorbeelde van Greg se innerlike konflik
- Greg kan nie sy broer se selfdood verwerk nie (drie dode)
- Sy ma se minnaar (hy voel klaar skuldig oor sy familie se brokkeling
- Sy pa wat hom haat
- Hy is bang sy pa gaan dood as hy vir die baker soek
(Bloed op muur) Greg vind hierdie boodskap na die lang naweek, waar was hy?
By hule huis in Johannesburg en by sy pa in die tronk
Waar vind hy die boodskap?
Teen die glas-skuifdeur by sy balkon in Stellenbosch
Wat is die boodskap?
Greg en sy ‘hacker buddy’ word gewaarsku om die persoon uit te los
Hoe het Greg die ou in die rivier herken?
Tom het dieselfde T-hemp aangehad met die anonymous logo waarin Greg hom die vorige dag gesien het
Hoe weet ons dat hy vermoor is en nie net verdrink het nie?
Sy arms en bene is vasgebind
Wat vertel Dain wat die moord meer siek maak?
Blykbaar is Tom se tong uitgesny toe hy vermoor is
Wat laat Greg dink Xander het hom vermoor?
Tom se lyk le op ‘n plek waar greg elke dag stap op pad klas toe, dalk is dit ‘n boodskap vir Greg
Hoekom dink Greg mense sal dink dat hy vir Tom vermoor het?
Omdat hy Tom die vorige dag ontmoet het toe hy nog gelewe het
Hoe reageer Dirk Schutte to Greg vertel van Tom?
Hy vloek en frommel sy bierblikkie
Wat se plank toe Greg vra of hy dink dat hy die moordenaar is?
Hy wil weet wat Greg se instink vir hom se
Waar was Greg se ma toe sy agtervolg is?
In ‘n winkel sentrum
Wat dui ‘simpel’, ‘dink’ en ‘gevoel’ oor wat sy aan Greg se?
Onsekerheid
Watter ander agtervolger het ook swart klere?
Die man op die motorfiets
Waarvan is die fotos in sy Dropbox bewys?
Sy is egter agtervolg
Waar kom die stem vandaan wat die woorde se?
Uit die aanhoudingselle
Waar en wanneer het Greg die boodskap gekry om die persoon te ontmoet?
Na tweeuur die volgende dag op sy selfoon
Wat bedoel hy met ‘Hal sy naam yt jou bek yt?
Hy waarsku Greg om nie oor die Baker te praat nie
Wat het Tom se moordenaar gedoen om dieselfde boodskap oor te dra?
Tom se tong uitgesny
Wat druig die stem as Greg nie stilbly nie?
Sy pa sal in die tronk aangeval word/onveilig wees