Poetry - Die Spookhuis Flashcards
Waarom is die huis wat beskryf word, nie duidelik sigbaar nie?
Die huis is buite die dorp en tussen bosse versteek; dis nag.
Waarom is die huis in so ‘n vervalle toestand?
Tydens die oorlog is die huis vol gate geskiet en sedertdien is onbewoon.
Ons lees van ‘n duif wat koer op die spookhuis se dak. Watter nagvoël sal ‘n mens eerder verwag om daar te vind?
‘n Uil
Waarmee word die voordeur van die spookhuis vergelyk?
Met die bek
Waarmee word die gang vergelyk?
Met ‘n tong
Wat is daar in die gang wat die spreker baie bang maak?
Die hele gang wemel van rotte.
Hoekom moet ‘n mens dit liewers nie waag om te gil nie?
Vlermuise sal op jou afduk en jou aanval
Die spreker dink hy/sy sal veilig wees om in ‘n hoek in te duik. Hoekom is dit egter nie veilig daar nie?
Hy beland bo-op ‘n reuse-spinnekop.
‘n Hiperbool word gebruik om die spinnekop mee te beskryf. Verduidelik.
Die pate van die spinnekop word met die bene van ‘n mens vergelyk. Hynet wanneer hy sy bek oopmaak.
Hoe kan ‘n mens sien dat die spinnekop baie aggressief nadat die verteller bo-op hom geduik het?
Sy oë blitz met woede.
Reël 15 - “hulle bekkies col tanjies wat klap”
Reël 29 - “omkyk omkyk klappertand”
Sê elke keer wie se tande opmekaar klap en hoekom dit gebeur.
Die vlermuise se tandjies klop op mekaar, want hulle is aggressief en wil die benoude spreker daarmee byt. DIe kind se tand klap op mekaar van vrees.
Watter effek het die spinnerakke in elke kamer waarheen die kind probeer vlug?
Dit is soos sterk arms wat die kind vasgryp.
Watter drie dinge moet die kind doen om uit die huis te ontvlug? Gee net drie paslike werkwoorde as antwoord.
“ruk”, “pluk” & “dunk”
Watter woord in die laaste strofe beteken: om vinnig te hardloop?
“hol”
Hoekom, dink jy, kyk die kind die hele tyd om terwyl hy hardloop?
Hy is bang een van die aaklige goed in die huis agter volg hom.