Onderdrukking en Nie-Geweldadige Weerstand Teen Apartheid Flashcards

1
Q

Definieer die term petisies

A

Dokumente wat mense onderteken wat vra vir verandering van of optrede teen ‘n sekere kwelpunt of vraagstuk

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Definieer die term burgerlike ongehoorsaamheid

A

Igroneer die regering se wette deur vreedsame verset

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat het die Suid Afrikaanse regering in 1950 gedoen omdat hulle bang was dat kommunisme sou versprei met die begin van die Koue Oorlog. Sê ook hoekom hulle bang was vir kommuniste en kommunisme

A

Hulle het die Nasionale kommunistiese party verban. Hulle het geglo dat die idee van gelykheid vir almal gevaarlik was, en die kommuniste was voorstaanders van beter regte vir werknemers. Enige iemand wat nie met die regering saam gestem het kon in hegtenis geneem word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat was die ANC se program van aksie

A

Gedurende die tweede wêreld oorlog het jonger lede van die ANC die Jeugliga gestig wat die ANC aangemoedig het om meer kragdadig teen die regering op te tree. In 1949 het die ANC die Jeugliga se idees in ‘n program van aksie aanvaar, waar hulle boikotte, stakings en burgerlike ongehoorsaamheid aangemoedig het

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wanneer was die eerste van die JeugLiga se stakings, wat het op die dag gebeur

A

Die Meidagstaking in 1950. Konflik het tussen die betogers en die polisie uitgebreek en 18 betogers is dood. Die ANC het ‘n nasionale dag van protes en rou uitgeroep om teen die dood van die mense te betoog

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Ken nommer 8 op kwartaal 3 geskiedenis in skrif. Paragraaf oor Albert Lithuli

A
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Definieer die term verset

A

Ongehoorsaamheid, weier om reëls na te kom omdat dit as onregverdig beskou word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat was die versetveldtog

A

In 1952 het opposisiegroepe ‘n versetveldtog begin waar baie mense die apartheidswette op ‘n vredsame manier oortree het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Noem voorbeelde van reëls wat mense tydens die versetveldtog oortree het

A

Hulle het geweier om hulle passe te dra

Hulle het slegs blanke geriewe gebruik

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat was die doel van die versetveldtog

A

Hulle het gehoop so baie mense word weens die optrede in hegtenis geneem, dat die tronke oorvol sou raak en dit die regering dwing om die wette te verander

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Hoe lank het die versetveldtog geduur; hoeveel mense is in hegtenis geneem en wat het met die ANC se ledetal gebeur

A

3 Maande,
Meer as 8000 mense is in hegtenis geneem,
Die ANC se ledetal het van 7000 na 100 000 toegeneem.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat was die invloed van Mahatma Ghandi op die versetveldtog

A

Die idee van die versetveldtog het van Mahatma gekom, omdat hy so groot voorstaander van vrede was en bewys het mens kan steeds goed uitrig met vreedsame verset.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Definieer die term onderdrukking

A

Streng optrede deur ‘n regering om die opposisie se optrede te keer

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Hoe het die vryheidmanifes tot stand gekom

A

Baie opposisiegroepe het saamgestaan om die Congress Alliance te vorm. Hulle wou ‘n dokument opstel wat sê hoe die land in die toekoms regeer moet word, en het vrywilligers opgelei om uit te gaan en hoor wat mense wil hê. Hulle het toe die eise saamgevat in ‘n dokument genaamd die vryheidsmanifes. Dit is deur 3000 afgevaardiges by die Congress of the people in Kliptown, Soweto aanvaar

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Lees deur die hoofpunte van die vryheidsmanifes onder op bladsy 136

A
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat het gebeur kort na die vryheidsmanifes opgestel is

A

Die regering het 156 leiers van opposisiegroepe in hegtenis geneem en hulle aangekla van hoogverraad. Die verhoor het 5 jaar lank geduur. Die regering wou bewys dat die leiers deel was van ‘n kommunistiese komplot wat die regering omver wou werp. Die aangeklaagdes is later onskuldig bevind en vrygelaat

17
Q

Wat het gebeur toe die regering swart vroue ook verplig het op passe te dra

A

Die vroue het die federation of South African Women (FEDSAW) gestig en het ‘n aantal vreedsame betogings teen die dra van passe gehou

18
Q

Wat en wanneer was die grootste optog deur FEDSAW

A

Op 9 Augustus 1956 het 26 000 vroue van alle rasse aan ‘n optog deelgeneem na die Uniegebou in Pretoria om petisies en protesbriewe aan die regering te oorhandig.

19
Q

Ken biografieë van Helen Joseph en Lillian Ngoyi op bladsy 138 in handboek

A
20
Q

Wat is ‘n aktivis

A

Iemand wat ‘n aktiewe rol speel in politiek; ‘n kampvegter / protesteerder