Definisie Van Rasisme Flashcards
Definieer die term genetiese
Eienskappe word deur liggaamselle van een geslag na die volgende oorgedra
Definieer die term evolusie
Die ontwikkeling van diere en plante uit vroeëre, eenvoudiger vorms
Wat is rasisme
Wanneer daar op grond van ras teen mense gediskrimineer word
Watter party het na die Tweede Wêreld in beheer gekom in SA, wat het hulle oor verskillende rasse gesê
Die Nasionale Party het in 1948 aan bewind gekom, hulle het gesê dat verskillende rasse op verskillende vlakke van ontwikkeling is en daarom verskil hulle vermoëns
Watter beleid het die Nasionale Party ingestel, wat het dit behels
Die Apartheidsbeleid het behels dat mense in verskillende bevolkingsgroepe ingedeel is en elke groep is anders behandel. Verskillende rasse is so ver moontlik uit mekaar gehou
Watter idee is deur die apartheidsbeleid bevorder
Wit mense is beter as die ander en moet in beheer wees