Die Universele Verklaring van Menseregte na die Tweede Wêreld oorlog Flashcards
Wanneer is die Verenigde Nasies gestig en wat het hulle toe as bekend gestaan, Wat is hulle doel
1945, Verenigde Volke-Organisasie
Om vrede in die wêreld te bewaar
Om ekonomiese en sosiale ontwikkeling te bevorder
Om basiese menseregte te beskerm
Wanneer is die universele verklaring van menseregte opgestel
Desember 1948
Wat word in die verklaring van menseregte gesê
Dat alle mense, maak nie saak hulle ras, geslag, of godsdiens dieselfde is en gelyke regte het
Noem so paar voorbeelde van die regte wat in die Verklaring van Menseregte gesê is
Vryheid van spraak en beweging
Die reg om vir die leiers van die land te stem
Die reg om te werk
Mense moet vry wees van slawerny en marteling
Wat is UNESCO, wat is hulle doel
Die VN se opvoedkundige, wetenskaplike en kulturele organisasie
Hulle beoog om onderwysstandaarde te verhoog
Hulle glo onderwys en wetenskap kan gebruik word om menseregte te bevorder
Wat is UNICEF, wat is hulle doel
Die VN se kindervonds
Hulle doel is om kinderregte te beskerm
Hulle werk byvoorbeeld om die probleem van kindersoldate in Afrika op te los