Die Soweto-Opstand Flashcards

1
Q

Wat het in 1976 in Soweto gebeur wat nog ‘n keerpunt in Suid Afrikaanse geskiedenis is

A

Die leerders van Soweto het in opstand gekom teen bantoe - onderwys. Dit het tot ‘n landswye opstand teen die regering gelei en was die begin van jare se opstande wat tot apartheid se einde gelei het

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat was die langtermynoorsake van die Soweto-opstand

A

Die gevolge van die apartheidstelsel sedert die 1950’s
Die haaglike toestande waaronder die mense geleef het
Onderdrukking van die regering

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat was die korttermynoorsake van die Soweto-opstande (6)

A

Nuwe idees van protes het versprei onder die leiding van Steve Biko, wat swart mense aangemoedig het om die apartheids-idee van minderwaardigheid te vergeet en trots te wees op hul geskiedenis en kultuur

Mense was moeg vir behuisingstekorte, gebrek aan dienste, armoede en om geen regte te hê

Werkers was kwaad vir lae lone en slegte werksomstandighede

Angola en Mosambiek het onlangsonafhanklik geword. Dit het mense laat hoop dinge kan hier ook verander en die ANC en PAC kon basisse in hierdie lande oprig

Met Bantoe- onderrig is kinders nie geleer om krities te dink maar om net gehoorsaam te wees, nie vrae te vra en feite soos papagaaie te leer. Die regering het baie min geld hierop spandeer so skole was oorvol en het nie behoorlike fasiliteite gehad

In 1976 het die regering aangekondig alle hoërskoolleerders moet die helfte van hul vakke in Afrikaans moet hê, wat die situasie vir swart leerders nog erger gemaak het

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat was Steve Biko se invloed op die gekleurde gemeenskap

A

Baie studente het gelees wat Biko geskryf het en in sy swartbewustheid-idees begin belangstel. In 1968 het hulle die Suid Afrikaanse Studente Organisasie (SASO), wat slegs vir swart studente was, tot stand gebring.
Swartbewustheidsorganisasies het apartheid verwerp en daarteen betoog. Hulle fokus was om swart mense meer onafhanklik te maak
Swartbewustheid idees het ook onder leerders in Soweto versprei, en hulle het ‘n organisasie genaamd “Die Suid Afrikanse Studentebeweging” (SASM) begin.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat was die doel van SASO

A

Vir swart leerders om eerder hulleself te help as om op wit studente se hulp staat te maak

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat was die doel van die SASM

A

Dit het leerders aangemoedig om besprekingsgroepe te vorm om swartbewustheid- idees te bespreek en Verteenwoordigende Studenterade (VSR) in hulle skole te stig

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat het onderwysers van Bantoe- onderrig as weerstand daarteen gedoen

A

In 1976 het hulle geweier om in Afrikaans klas te gee, die wat dit gedoen het, het hulle werk verloor. Ander het bedank en leerders het begin om klasse te boikot

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat het die leiers van SASM gedurende die betogings gedoen

A

Hulle het die betogings ondersteun en ‘n aksiekomitee tot stand gebring, genaamd “Die SowetoVerteenwoordigende Studenteraad (Soweto Students’ Representative Council, SSRC)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat was die doel van die SSRC;
Wie was hulle eerste president

A

Hulle het ‘n optog vir 16 Julie beplan, wat sou dien as ‘n massa- opstand om teen die nuwe taalbeleid te betoog;
Tsietsi Mashinini, ‘n 19 jarige leerling

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wie het as president van die SSRC oorgeneem toe Mshinini uit SA moes vlug

A

Khotso Seatlholo en Murphy Morobe

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat het gebeur op 16 Junie 1976

A

Ongeveer 15 000 leerders uit baie Soweto skole het na die Orlando stadion gegaan in ‘n betoging. Hulle het plakkate teen Afrikaans in hul onderrig en Bantoe- onderrig as ‘n geheel gedra. By die stadion het ongeveer 300 polisiemanne hulle ingewag. Mashinini, hul leier, het toe die leerders gesê om vreedsaam en gedisiplineerd te wees. Toe die leerders weier om die betoging te staak het die polisie begin op hulle skiet. 2 Is dood en ander is gewond. Die res het weg gehardloop, versperring in die strate gesit, motors met klippe gegooi en regeringgeboue aan die brand gesteek. Die polisie se optrede het tot landswye betogings en onluste gelei.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Definieer ekonomiese sanksies

A

Wanneer daar geweier word om met ‘n land handel te dryf as ‘n manier om die regering te dwing om sy beleid te verander

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wat was die gevolge van die Soweto opstand

A

Dit het die weerstand teen apartheid verhoog, maar ook die regering se onderdrukking daarvan. Na die 1976 aanvalle het die gewapende vleuels van die ANC en PAC baie meer aanvalle binne SA georganiseer

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Hoe is Steve Biko dood, wat het dit veroorsaak in SA en die buiteland

A

Biko is in die tronk dood nadat hy deur die polisie aangerand is. Dit het woede en skok in SA en die buiteland veroorsaak omdat baie hom gesien het as ‘n merkwaardige man wat nog baie aan apartheid sou kon doen
Baie ander politieke leiers is ook in aanhouding dood of in sluipmoorde vermoor

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wat was die gevolg van die 1976 opstand

A

Dit was die begin van 14 jaar se groeiende weerstand, wat die begin van die einde van apartheid was.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly